Nuus

Page: 3

18 Mei 2022 Die DA sê hy het inligting ontvang dat die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, reeds met ‘n proses begin het om die “Afrikaans” te probeer verwyder uit die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl. Volgens die party se LP, dr Leon Schreiber, het Mthethwa onlangs op ‘n openbare […]

18 Mei 2022 Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi het gistermiddag ‘n verslag ontvang oor ‘n beweerde rasse-voorval in Februarie vanjaar by die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein. ‘n Video is destyds op sosiale media versprei waarin kinders van verskillende rasse mekaar te lyf gaan. ‘n Stemnota van ‘n kind wat glo die […]

18 Mei 2022 Die Oos-Kaapse departement van sport, kuns en kultuur hou hierdie week openbare deelname-verhore oor nog voorgestelde naamsveranderinge in die provinsie.  Die departement beplan nou glo om Cradock – in die Chris Hani-distrik se naam te verander na Inxuba Kaladokhwe. Hulle wil ook ‘n gedeelte van die N2 rondom die dorp vernoem na […]

18 Mei 2022 Die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie, NAVO se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg het bekend gemaak dat Finland en Swede amptelik aansoek gedoen het om lid van dié verdedigings-alliansie te word.  Dié stap is die gevolg van Rusland se inval van Oekraïne in Februarie. Stoltenberg het aan joernaliste gesê dat hy die aansoeke van hulle nabye […]

18 Mei 2022 Die parlement sê hy het die vierde deel van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslag ontvang, en sal binnekort begin om die verslag te bespreek. Die speaker van die parlement Nosiviwe Mapisa Nqakula het vroeër vasgeskop teen enige optrede deur die parlement, totdat President Cyril Ramaphosa sy aanbevelings oor die […]

17 Mei 2022 Die vakverbond, Cosatu sê die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa is die minister wat die “swakste in president Cyril Ramaphosa se kabinet presteer en dat hy ontslaan moet word.” Cosatu het sy stem gevoeg by diegene wat beswaar aangeteken het teen Mthethwa se aankondiging dat hy R22-miljoen wil spandeer […]

17 Mei 2022 Die strafsaak teen 53 militêre veterane – wat daarvan beskuldig is dat hulle twee ministers en ‘n adjunkminister by die Saint George Hotel in Centurion gyselaar geneem het – is teruggetrek. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se Lumka Mahanjana het bevestig dat dit terug getrek is nadat die beskuldigdes se vertoë geslaag het. […]

17 Mei 2022 Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ook nou ‘n ondersoek gelas ná die beweerde rassevoorval by die Stellenbosch Universiteit, waartydens ‘n student glo op ‘n mede-student se rekenaar ge-urineer het. ‘n Video van die voorval doen tans die rondte op die sosiale media. LEES OOK: STUDENTE EIS SKORSING VAN US-STUDENT WAT OP LESSENAAR URINEER […]

17 Mei 2022 Oud-president Jacob Zuma se korrupsieverhoor – wat uit die omstrede wapentransaksie voortspruit – is weereens in die Pietermaritzburgse hooggeregshof uitgestel. Daar is besluit om die saak uit te stel aangesien die president van die appèlhof, regter Mandisa Maya, nog nie uitspraak gelewer het in Zuma se aansoek dat dié hof sy besluit […]


Current track

Title

Artist