Adverteer by Ons
Ek stel belang om my besigheid op Pretoria FM te adverteer.
Hierdie vorm moet slegs voltooi word as jy jou besigheid by Pretoria FM wil adverteer en nié vir algemene navrae nie. Voltooi die vorm onder “KONTAK ONS” vir algemene navrae.

Ons programme is gerig op Afrikaanssprekende wat passievol is oor nuus, vermaak, aktualiteit en musiek.
Pretoria FM is ‘n gemeenskap-gebasseerde radiostasie gevestig in Pretoria. Ons programme is gerig op Afrikaanssprekende wat passievol is oor nuus, vermaak, aktualiteit en musiek. Ons saai 24 uur per dag uit op 104.2 FM in Gauteng en is beskikbaar op DSTV Kanaal 887 asook op die Internet en selfoontoepassing wêreldwyd.
So, hoekom Afrikaans? Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika. Volgens die Suid-Afrikaanse sensusopname van 2011, word dit deur ongeveer 6,9 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5% van die totale bevolking) as moedertaal beskou. Sowat een miljoen van dié sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels.