Gesondheid

10 Januarie 2025 Solidariteit sê die regering se beoogde implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) kan nié ‘n werklikheid word nie. ‘n Ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Theuns du Buisson sê die “viering van die onrealistiese NGV soos deesdae op reklameborde langs snelweë te sien is, dra by tot die die onreg teenoor belastingbetalers.” […]

18 Desember 2024 Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) sê daar is tans ‘n beduidende toename in die aantal Rubella-gevalle wat aangemeld word. Rubella staan ook meer bekend as Duitse Masels. Volgens Nios is 8 700 positiewe gevalle die afgelope paar maande aangemeld. In 98% van dié gevalle was die pasiënte jonger as 15 […]

87% van munisipale drinkwater is veilig vir menslike gebruik. Dít volgens AfriForum se onafhanklike blou-en-groendruppelverslag, wat jaarliks bekend gestel word. AfriForum meen die organisasie waarsku egter dat Suid-Afrikaners nie hieroor verlig moet wees nie, aangesien vanjaar se groendruppeluitslae daarop dui dat slegs 13% van verwerkte rioolwater aan die minimum standaarde vir storting in ’n waterhulpbron […]

21 November 2024 Die farmaseutiese maatskappy, Bayer het begin met ‘n herroeping van ‘n bondel Yaz Plus-voorbehoedpille weens ‘n gemengde-verpakking wat die doeltreffendheid daarvan kan benadeel. Die mediese direkteur van Bayer se farmaseutiese afdeling, dr. Naren Jairam sê dit vind in oorleg met die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-owerheid, Sahpra plaas. Dit is van toepassing op die Yaz Plus-tablette-groep met die reeksnommer WEW96J, met […]

21 November 2024 Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi sê antiretrovirale medisyne is nie pynpille nie, en kan nie voor die voet uitgedeel word as pasiënte nie korrek gediagnoseer is nie. Sy reaksie kom nadat die polisie vroeër gesê het dat hulle ‘n versoek van die onwettige mynwerkers by ‘n skag in Stilfontein – in Noordwes – […]

20 November 2024 Die Gautengse Onderwysdepartement het ‘n beroep op verkopers en snoepies by skole gedoen om ‘n geldige sogenaamde sertifikaat van aanvaarbaarheid te bekom. Dié stap is gedoen om die veiligheid van leerders – wat op die skoolgrond versnaperinge aankoop – te verseker. Die departement se oproep volg op president Cyril Ramaphosa se aankondiging, […]

15 November 2024 President Cyril Ramaphosa sê almal in die land moet saamwerk om ‘n einde te bring aan sterftes weens kos wat by spazawinkels gekoop word. Hy het vroeër vanaand die land toegespreek oor die vlaag van voedselvergiftigingsgevalle, veral onder kinders. In die afgelope paar maande is minstens 22 kinders dood en byna 900 […]

14 November 2024 Die Gautengse departement van gesondheid sê hospitale is voorbereid op waterbeperkings wat regoor Johannesburg verwag word. Dít in aanloop tot die waterdruk wat van vanaand 21:00 tot môreoggend 04:00 verminder sal word om water te bespaar. Die watervermindering – ‘n maatreël om Gauteng se reservoirs te help herstel en onwettige wateraansluitings te […]

13 November 2024 President Cyril Ramaphosa sal die land na verwagting hierdie week toespreek oor die regering se planne om die vlaag sterftes wat met voedselvergiftiging verband hou, hok te slaan.  Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het dit vroeër vandag bevestig, hoewel sy nie ‘n spesifieke datum kon verskaf nie. Dit volg nadat verskeie kinders […]

11 November 2024 Die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal oor die mediumtermyn nagenoeg R3-miljard kry om voor te berei vir die volle inwerkingstelling van dié skema. ’n Bedrag van R2,5-miljard is as basislyn vir ’n indirekte toekenning oor die 2025 mediumtermyn-bestedingsraamwerk toegeken en die direkte NGV-toelaag is sowat R460-miljoen per jaar. Volgens die tesourie wil […]


Current track

Title

Artist