Nuus

Page: 2

4 Desember 2023 Die departement van basiese onderwys het in ‘n omsendbrief – wat 21 Oktober vanjaar dateer – riglyne gegee oor punte-aanpassings vir leerlinge in Gr 4 tot Gr 9. Leerlinge in dié grade sal weer tot 5% meer kry in enige drie vakke wat hulle aan die einde van die jaar druip. Benewens […]

4 Desember 2023 Die Grondwethof het die aansoek van die Onafhanklike Kandidatevereniging, die ICA, om die Verkiesingswysigingswet ongrondwetlik te laat verklaar, van die hand gewys. Dié wet – wat in April vanjaar deur die Parlement goedgekeur is – laat onafhanklike kandidate toe om in verkiesings te staan, maar hulle kan slegs vir 200 setels in […]

4 Desember 2023 Die departement van basiese onderwys het aangekondig dat 2023 se matriek-eindeksamen sonder enige noemenswaardige foute verloop het. Meer as 700 000 kandidate het dié eksamen in meer as 8 000 eksamensentrums landwyd afgelê. Die minister in dié portefeulje, Angie Motshekga, het leerders en ouers versoek om geduldig te wees totdat die uitslae […]

4 Desember 2023 Die balju van die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het vanoggend op die ANC se Luthuli-huis-hoofkwartier toegesak op soek na bates. Dit volg nadat die maatskappy, Ezulwini Investments, op die party se rekeninge en ander fisiese bates beslag gelê het in ‘n poging om meer as R100-miljoen te verhaal wat die party aan hom skuld […]

4 Desember 2023 Nagenoeg 4 000 polisiebeamptes wat sedert 2019 aangekla is van ‘n reeks misdade, werk steeds in die polisie. Die minister van polisie, Bheki Cele het die syfer bekend gemaak op ‘n skriftelike vraag in die parlement van die DA. Hy sê in hierdie tyd is 5 489 polisiebeamptes in hegtenis geneem, en […]

1 Desember 2023 Die kragvoorsiener, Eskom sê uiters warm weerstoestande wat oor die land heen ervaar word, het die vraag na elektrisiteit verhoog en dit het groter druk op die netwerk geplaas. Die Suid-Afrikaanse Weerdienste sê Gauteng en die Noord-Kaap gaan van môre af weer ‘n hittegolf beleef – wat tot eerskomende Dinsdag sal voortduur. […]

1 Desember 2023 Die petrolprys sal Woensdag (6 Desember) met 65-sent per liter daal, terwyl die groothandelprys van diesel met tussen R2,35 en R2,41 per liter gaan daal – afhangend van die swaelinhoud. Die groothandelprys van paraffien sal met R1,71 per liter daal. 95-oktaan petrol in Gauteng sal ná Woensdag R23,25 per liter kos, terwyl […]

1 Desember 2023 Eskom het in die agt maande tot einde November R24,3-miljard aan diesel vir sy oopsiklusgasturbines bestee. Dit dui daarop dat die laer fases beurtkrag in Oktober grootliks deur oopsiklusgasturbines aangedryf is wat baie harder en meer gereeld gewerk het. Hoër fases word sedert middel November ingestel om vermoedelik diesel te bespaar. Eskom […]

1 Desember 2023 Die konserwatiewe premier van Nieu-Seeland, Christopher Luxon het vandag bekend gemaak dat selfone voortaan in in skole regoor die land verbied sal word. Dit sal glo deel van die regering se poging wees om die land se dalende geletterdheidsyfers om te keer, nadat die land se vlakke van lees en skryf glo tot ‘n […]

1 Desember 2023 Verkope in winkels oor die afgelope Swart Vrydag-naweek het met sowat 21% tot R3,1 miljard gedaal teenoor verlede jaar. BankServ Africa, wat die betalings van banke se krediet- en debietkaarte verwerk, het in ‘n verslag gesê die getal transaksies is ook 6% laer, met 5,9-miljoen transaksies in winkels. Verlede jaar was daar […]


Current track

Title

Artist