Nuus

Page: 4

29 November 2023 Een van die vermeende aanhitsers van die Julie 2021-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng is ‘n kort ruk gelede tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Mdumiseni Zuma is in hegtenis geneem nadat hy glo die Brookside-inkopiesentrum in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek het. Die staat het vanoggend in die Pietermaritzburg-landdroshof aangevoer dat Zuma die […]

29 November 2023 ‘n 37-jarige verdagte sal vandag in die Palm Ridge Landdroshof verskyn in verband met die moord op die 32-jarige Nadine Terblanche en haar 7-jarige seun Ruandré. Hulle is op Maandag (27 November) by hulle huis in Alberton aan die Oos-Rand vermoor. Die provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Mavela Masondo sê die vermeende aanvaller het […]

28 November 2023 President Cyril Ramaphosa wil hê dat Suid-Afrikaners boodskappers moet wees en die ANC-regering se goeie storie vertel – eerder as om kwaad te praat en die land sleg te maak. Ramaphosa het dié wens uitgespreek nadat hy na insette en kritiek geluister het tydens ‘n vergadering van belanghebbendes in Durban, waar uiteenlopende […]

Nuuskommentaar: 28 November 2023 Deur: Ilze Nieuwoudt Die slaggatgevulde paaie van ons land kan jou nou waarlik na plekke neem. Die paaie kronkel berg op en berg af. Al langs riviere, dorpies met rye kerke aan die een kant van die pad en kroeë aan die ander. Die paaie loop oor die een na die […]

28 November 2023 Die Nasionale Metaalwerkersvakbond, Numsa sê hy is bekommerd oor die veiligheid van mynwerkers.  Dit kom na die voorval waarin 11 werkers dood is en 75 beseer is na Maaandagmiddag se ongeluk by Impala Platinum Holdings Limited (Implats) se mynskag in Rustenburg. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola sê hulle is uiters bekommerd oor die situasie omdat […]

28 November 2023 Die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê werk is aan die gang om die hoofoorsaak van die hiasint-probleem by die Hartbeespoortdam in Noordwes op te los. Dit volg nadat die hiasint- en alge-probleem glo vererger het, wat die watergehalte van die dam beïnvloed, wat die departement van water en sanitasie glo […]

28 November 2023 Die presidensie het gerugte ontken dat Kunsmatige Intelligensie (KI) sagteware gebruik is om ‘n deel van president Cyril Ramaphosa se toespraak te skryf, wat hy verlede week gelewer het tydens ‘n konferensie oor onderwys. Die woordvoerder in die presidensie Vincent Magwenya sê die deel van die toespraak wat in twyfel getrek word […]

28 November 2023 11 werkers is dood en 75 is gehospitaliseer na gistermiddag se ongeluk by Impala Platinum Holdings Limited (Implats) se mynskag in Rustenburg. Die ongeluk het glo weens ‘n kabel wat aan die hysbak verbind is – wat werkers in die skag op en af hys – plaasgevind. Volgens ‘n verklaring is alle […]

27 November 2023 Die Amerikaanse biotegnologie- en genetiese ingenieursfirma, Colossal Biosciences, het ‘n ooreenkoms met die Mauritiaanse Natuurlewe-stigting onderteken om te help om die dodo weer te laat herleef. Die bewaringsdirekteur by dié natuurlewe stigting, Vikash Tatayah sê die dodo – ‘n voël wat intiem verweef is in die DNS van Mauritius – is ook […]

Nuuskommentaar: 27 November 2023 Deur: Johnell van Vollenhoven In sy toespraak tydens die Education International se tiende Afrika-streekskonferensie, het president Cyril Ramaphosa die oënskynlike behoefte aan ʼn gedekolonialiseerde onderwysstelsel beklemtoon. Volgens hom moet daar weg beweeg word van ʼn Eurosentriese wêreldbeskouing om plek te maak vir ʼn diverse en inklusiewe perspektief. Dit is juis hier […]


Current track

Title

Artist