As gemeenskaps-radiostasie moet Pretoria FM elke vyf jaar heraansoek doen vir ʼn uitsaailisensie. As deel van hierdie proses moet Pretoria FM aan die Uitsaai-owerheid kan bewys dat daar breë ondersteuning vir ʼn Afrikaanse radiostasie uit ons gemeenskap is. Om hierdie rede het ons elke luisteraar se steun nodig.