Luister nou

Nog net ’n week oor om vir die 1% Klub in te skryf

Deur Redaksie

Verfilming die 1% Klub is die afgelope paar weke volstoom aan die gang. Die reeks word aangebied deur Pierre Breytenbach en stel deelnemers se vermoë om probleemoplossing prakties toe te pas op die proef. Die vrae wat aan deelnemers gestel word, is gebaseer op ’n internasionale standaard wat vir oorsese weergawes van die program gebruik word. Die Britse weergawe is oorspronklik op die BBC uitgesaai en Indië, Frankryk en Duitsland se eie weergawes het ook intussen die lig gesien.

Elke program begin met 100 deelnemers. Met elke rondte word die vrae moeiliker en die deelnemers minder tot daar uiteindelik net een oor is. Lede van die publiek wat vir die program wil inskryf, kan hierdie skakel gebruik. https://shortaudition.net/1persent-klub?origin=PRETORIAFM

Hier is ’n paar interessante syfers oor die program:

2 600 deelnemers sal aan die 26 episodes deelneem

80 personeellede is elke dag op stel tydens die verfilming

100 profielligte word gebruik om elke deelnemer individueel te verlig

2 kilometer se kragkabels word gebruik

125 vierkante meter se skerms word ingespan

100 mikrofone word permanent aangebring vir die deelnemers

12 ton toerusting is in die dak gemonteer

850 meter se LED-ligte is aangebring

75 ton se steierwerk kom op die stel voor

300 liter swart verf is gebruik

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/11/NUUSWEEK-Uitgawe-93-13-Nov-2026.pdf

Gewilde Nuus

jpg (1)

Koalisies: Enige scenario is moontlik

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 13 November 2026

Fotokrediet: KI gegenereer

Linkse partye stig gesamentlike politieke blok

Tatjana Smith

Swem SA bieg: Dit was ’n fout om Tatjana se prysgeld te weerhou

Luggehalte

Oorsprong van stank in Gauteng ondersoek

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2026-11-13 at 09.03.42 (6)
Gemeenskappe moet self
jpg (2)
Slagoffer van plaasaanval wil God loof en prys
jpg (1)
Koalisies: Enige scenario is moontlik
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 13 November 2026
Fotokrediet: KI gegenereer
Linkse partye stig gesamentlike politieke blok

Luister nou