Nuus

9 Februarie 2025 Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy stel ondersoek in na beweerde voorkeurbehandeling van die diamant-handelaar, Louis Liebenberg, terwyl hy nog in polisieaanhouding is.  DIT kom nadat videos en foto’s, vroeër vandeesweek tydens ‘n hofverskyning deur die media versprei is, waarin gesien kan word hoe Liebenberg sy vrou, Dezzi soen en omhels voordat hy […]

9 Februarie 2025 Waarskuwing: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel. Die dood van ‘n bobbejaan, wat die afgelope week in Pretoria rondbeweeg het, ontlok tans groot reaksie op sosiale media.  Die bobbejaan het vinnig bekendheid verwerf in Pretoria, en is Raygun deur inwoners gedoop. Verskeie foto’s en videos is die afgelope week […]

8 Februarie 2025 Die voorsitter van die Solidariteit-beweging, Flip Buys, sê hy gaan dringend ‘n gesprek met president Cyril Ramaphosa aanvra en na Amerika reis om gesprekke met Withuis-verteenwoordigers te voer. Dit volg op president Donald Trump se uitvoerende bevel rakende Suid-Afrika se buitelandse beleid, onteiening, rasgebaseerde beleid en die repatriasie van Afrikaners. Die bevel […]

7 Februarie 2025 Die Mpumalanga-boer wat daarvan beskuldig word dat hy kos, wat verval het, herverpak en versprei het, Pieter Johannes Grobler (30), is vandag deur die landdroshof in Secunda op borgtog van R8 000 vrygelaat.  Die Valke-woordvoerder, luitenant-kolonel Magonseni Nkosi, het bevestig dat hulle op vier koelkamers gevul met blikkieskos, wat verval het, vrot rooivleis en […]

7 Februarie 2025 President Cyril Ramaphosa sê is hy verbind daartoe om voort te gaan met die werk om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in te stel. Dit kom te midde van verwarring tydens gisteraand se Staatsrede oor of daar wysigings gemaak gaan word om die privaat mediese fondse te beskerm, want Ramaphosa het nie enige duidelikheid daaroor gegee nie. […]

7 Februarie 2025 Die burgerregteorganisasie, AfriForum meen ANC-leiers moet die volle skuld dra vir die Amerikaanse president, Donald Trump se uitsprake oor die gebeure in Suid-Afrika wat die onteieningswet betref. Die organisasie het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê die presidensie en ander rolspelers se pogings om AfriForum die skuld vir Trump se uitsprake te gee, […]

7 Februarie 2025 Die e-vervoerdiens, Wanatu, sê hy rig ‘n ope uitnodiging aan alle ander e-vervoerdiensbestuurders, om by Wanatu se “Hoftu-aksie” teen verkeersowerhede aan te sluit. Dit kom nadat Wanatu Woensdag, 5 Februarie, aangekondig het dat hy sy dienste tydelik staak nadat twee van die diens se voertuie deur die Tshwane-metro geskut is. Wanatu is […]

6 Februarie 2025 Daar heers uiteenlopende reaksie oor die staatsrede wat vroeër vanaand deur president Cyril Ramaphosa in Kaapstad gelewer is. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het aan Pretoria FM se verslaggewer, Anton Meijer gesê dit is jammer dat Amerika “ons mooi nasie veroordeel op grond van valshede wat versprei word.” Dit nadat Amerika […]

6 Februarie 2025 President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die regering ’n rits stappe gaan doen om die waterkrisis die hoof te bied. Ramaphosa het in sy staatsrede gesê dat die regering daarin gaan belê om die waterinfrastruktuur op te knap, en om waterbronne uit te brei. Daar sal ook nuwe damme gebou word in […]

6 Februarie 2025 President Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede aangekondig dat die regering ’n proses gaan onderneem om die plaaslike regeringsmodel te hersien. Die befondsingsmodel vir munisipaliteite sal ook hersien word. Ramaphosa het in sy toespraak gesê dat munisipaliteite in duie stort, omdat baie van hulle nie die begroting het om normale dienste te […]


Current track

Title

Artist