Nuuskommentaar
Nuuskommentaar: 15 Oktober 2024 Deur: Jan Bosman Daar is reeds talle huldeblyke oor mnr Tito Mboweni voormalige minister en president van die Reserwebank gedoen. Alhoewel die Afrikanerbond nie deur ons strukture gereelde kontak met mnr Mboweni gehad het nie, het ons wel ʼn indruk van hom gehad oor iemand wat opstaan vir die dinge wat […]
Nuuskommentaar: 7 Oktober 2024 Deur: Jaco Kleynhans Op 7 Oktober 2023 het Hamas vanuit die Gasastrook die bloedigste enkele aanval in die geskiedenis van die moderne Israeliese staat uitgevoer. Sowat 1 200 mense is dood en nog 250 is gyselaar geneem. In die daaropvolgende maande het die bloedigste oorlog tot op hede tussen Israel en […]
Nuuskommentaar: 1 Oktober 2024 Deur: Theo de Jager Rampe kan familieboerderye wat geslagte lank al gevestig is, in ’n oogwink vernietig. Haelstorms, droogte, vloede, intense koue en brande kan verwoestende gevolge vir vrugte-, graan- of groente-oeste, of vir vee hê, en veroorsaak dat so ’n boerdery ’n knak en ’n gesin hulle woning, grond en […]
Nuuskommentaar: 30 September 2024 Deur: Jaco Kleynhans Vir meer as ’n jaar het die regse Vryheidsparty van Oostenryk voorgeloop in peilings. In Sondag se federale verkiesing het dié party eerste geëindig en sal hy nou vir die eerste keer ooit die geleentheid kry om ’n koalisieregering, waarskynlik met die sentrumregse Volksparty, te probeer saamstel. Dit […]
26 September 2024 Vanjaar se Amerikaanse verkiesing word reeds as een van die mees onvoorspelbare, maar ook die vreemdste in dekades bestempel. Afgesien van die twee sluipmoordpogings op Donald Trump, waarvan die eerste op 13 Julie amper noodlottig was, is die Demokrate se aanvanklike kandidaat, Joe Biden, se onttrekking lank ná die afhandeling van die […]
Nuuskommentaar: 16 September 2024 Deur: Jaco Kleynhans Wil Westerse lande werklik ʼn einde aan die oorlog tussen Oekraïne en Rusland hê? Verlede week tydens die debat tussen Kamala Harris en Donald Trump in die Amerikaanse verkiesingstryd het Harris dit duidelik gestel dat daar in die huidige Amerikaanse regering se oë slegs een uitkoms kan wees, […]
Nuuskommnetaar: 12 September 2024 Deur: Herman Toerien Die leier van een van die lidpartye van die Veelparty-handves, eerw. Kenneth Meshoe van die ACDP, het sy voorspelling herhaal dat die regering van nasionale eenheid, of te wel RNE, nog “voor Kersfees tot niet sal wees.” Die ACDP is teen die RNE se vorming gekant. Maar sy […]
Nuuskommentaar: 9 September 2024 Deur: Jaco Kleynhans Colt Gray, ʼn veertienjarige leerling in die Amerikaanse deelstaat Georgia het verlede Woensdag met ’n vuurwapen by sy skool ingestap en twee onderwysers en twee medeleerlinge doodgeskiet. Nog nege persone is ernstig beseer. Dit was die drie-en-twintigste massaskietvoorval by ’n Amerikaanse skool vanjaar. In totaal het daar vanjaar […]
Nuuskommentaar: 2 September 2024 Deur: Jaco Kleynhans Kiesers in twee Duitse deelstate, Thüringen en Sakse, het Sondag in ʼn historiese streeksverkiesing na die stembus gestroom. In albei deelstate was die deelnamekoers die hoogste sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog met ʼn groot meerderheid van die kiesers in albei deelstate wat diep ongelukkig is met […]
Nuuskommentaar: 28 Augustus 2024 Deur: Lambert de Klerk September is Boomplantmaand, en AfriForum het weer die voortou geneem om ’n merkwaardige bydrae tot ons omgewing te maak deur boomplantprojekte reg oor Suid-Afrika aan te bied. Hierdie inisiatief, wat ’n tradisie vir die burgerregteorganisasie geword het, fokus op die belangrikheid van omgewingsbewaring en gemeenskapsbetrokkenheid. AfriForum se […]