Politiek
24 Januarie 2025 Die VF Plus herhaal sy oproep aan politieke partye in die parlement om saam te werk om die Onteieningswet, wat gister deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, teen te staan. In 2023 het die VF Plus reeds begin om partye te nader om, ingevolge artikel 80 van die Grondwet, die Grondwethof te versoek om […]
24 Januarie 2025 Die burgerregteorganisasie, AfriForum doen ‘n dringende beroep op die minister van openbare werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, om te weier om die medeondertekenaar te wees van die omstrede onteieningswet, wat gister deur president Cyril Ramaphosa onderteken is. AfriForum meen indien Macpherson ok die onteieningswet se proklamasie onderteken, laat hy Ramaphosa en die […]
24 Januarie 2025 Die presidensie sê die Onteieningswet is deur president Cyril Ramaphosa onderteken om die onteienings-wetgewing met die Grondwet te belyn. Ramaphosa het gister die wet onderteken wat bepaal hoe die regering grond in die openbare belang mag onteien. Die ondertekening van die wet gaan egter deur onder meer die DA, die VF Plus en ActionSA […]
23 Januarie 2025 Die VF Plus in die Ekurhuleni-metro eis dringende ingryping by die Elginbrug in Kemptonpark om ‘n moontlike ramp te voorkom. Die VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad, Jean Kriek sê sedert die begin van Januarie het agt vragmotors reeds onder die lae brug vasgesit. Volgens hom het die metro reeds verskeie beloftes gemaak […]
23 Januarie 2025 Die voormalige speaker van die Johannesburg-metro, Colleen Makhubele sal binnekort as ‘n parlementslid van die MK-party ingehuldig word. Sy is in November 2023 uit die politieke party, Cope verwyder. Dié party se leier, Mosioua Lekota het Makhubele afgedank nadat sy die politieke alliansie, SA Rainbow Alliance (Sara) op die been gebring het, […]
20 Januarie 2025 Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die waarnemende munisipale bestuurder van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit, Thabo Panyane, geëis dat die gehalte en veiligheid van die bruin water wat uit inwoners se krane loop, dringend ondersoek moet word. Matjhabeng bedien Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom in die Vrystaat. ‘n VF […]
17 Januarie 2025 Die woordvoerder van die MK-party, Nhlamulo Ndhlela, het vroeër vandag bevestig dat dr. Thanti Mthanti ná minder as twee maande as die tesourier-generaal van die party bedank het. Mthanti het sedert 2 Desember in die pos gedien. Volgens Ndhlela is die besluit om afstand van die pos te doen geneem ná deeglike oorweging en met inagneming […]
16 Januarie 2025 Die DA in Tshwane sê hy is teleurgesteld omdat die metroraad nie ‘n skoon oudit vir die 2023/24-geldjaar kon kry nie. Die party se woordvoerder oor finansies in die metroraad, Jacqui Uys sê die ouditeur-generaal het daarop gewys dat die kultuur van prestasie nog nie onder die amptenare posgevat het nie. Volgens haar is […]
15 Januarie 2025 Die DA en ActionSA eis antwoorde oor die aankoop van ‘n Pretoriase boetiekhotel van R23-miljoen-rand deur die polisie se misdaadintelligensie-eenheid. Volgens die DA-LP, Dianne Kohler Barnard, is dié transaksie nie aan die Parlement bekend gemaak nie. Die eenheid het die parlement se portefeuljekomitte oor polisie verlede jaar in Novemebr oor sy eiendomsportefeulje ingelig, […]
14 Januarie 2025 Die Parlementêre portefeuljekomitee vir kommunikasie en digitale tegnologie vra vir die spoedige aanstelling van ‘n permanente direksie by die Postbank. Dit volg op ‘n uitgerekte werwingsproses nadat die meeste van die direksie in September 2023 bedank het – uit protes teen die destydse minister van kommunikasie, Mondli Gungubele se inmenging. Gungubele en die direksie het mekaar […]