Nuus

Albe Grobbelaar bekyk op ‘n daaglikse basis die almanak vir historiese gebeure..

Nuuskommentaar: 15 Oktober 2024 Deur: Jan Bosman Daar is reeds talle huldeblyke oor mnr Tito Mboweni voormalige minister en president van die Reserwebank gedoen. Alhoewel die Afrikanerbond nie deur ons strukture gereelde kontak met mnr Mboweni gehad het nie, het ons wel ʼn indruk van hom gehad oor iemand wat opstaan vir die dinge wat […]

15 Oktober 2024 Die VF Plus eis antwoorde oor bewerings dat die Vrystaatse premier, MaQueen Leshoa Mathae, omkoopgeld van ʼn kontrakteur ontvang het. ‘n VF Plus lid in die Vrystaatse wetgewer, Armand Cloete sê die bewerings teen die premier bevestig die party se standpunt dat die “Vrystaat deur ’n konstruksiekartel geplunder word.” Cloete sê boodskappe, […]

15 Oktober 2024 Die departement van korrektiewe dienste se agterstand met paroolaansoeke vir gevangenes wat lewenslange gevangenisstraf uitdien, is uitgewis. Dit is vanoggend in ’n verklaring van dié departement bevestig. Dit volg nadat die minister van korrektiewe dienste, dr Pieter Groenewald, homself daartoe verbind het om die agterstand teen vandag uit te wis. Die aansoeke is […]

15 Oktober 2024 Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie het die uitgawe van meer as R800 000 – om hom na die Olimpiese Spele in Frankryk te stuur – verdedig en sê dit was nie ‘n plesiertog nie. McKenzie het onder kritiek – van onder andere ActionSA se Michael Beaumont – deurgeloop, wat hom daarvan […]

15 Oktober 2024 Twee voormalige Clover-werknemers, Mohale Shokane en Vusumuzi Duumba is in die Johannesburgse Hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op die veiligheidswagte, Terence Tegg en JJ Cassanga. AfriForum sê sy privaatvervolgingseenheid – wat Tegg se verloofde, Michele Bebbington, en die Cassanga-familie verteenwoordig – het nou saam met die polisie en die aanklaer gewerk om bewyse te versamel, die dossier op te […]

15 Oktober 2024 President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars na die Grondwethof verwys om die grondwetlikheid daarvan te toets. Ramaphosa het in ‘n skrywe aan die land se hoogste hof sy voorbehoud oor bepalings in die wetgewing – wat oorspronklik deur die parlement opgestel en heroorweeg […]

15 Oktober 2024 Die DA sê die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi beskerm steeds korrupte amptenare en politici deur nie verslae oor forensiese ondersoeke beskikbaar te maak nie. Die DA het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou waarin hulle, hulle kommer hieroor duidelik maak. Die leier van die DA in Gauteng, Solly Msimanga sê sy party vra […]

15 Oktober 2923 Die geskil tussen die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en die Gautengse voorsitter, Panyaza Lesufi, is gisteraand op die spits gedryf toe ‘n stille betoging buite Luthuli-huis in Johannesburg gehou is. Tydens die ANC se viering van die eerste honderd dae van die Regering van Nasionale Eenheid het Mbalula gevra dat die volkslied gesing moet word. ‘n Aantal bywoners […]

Nuuskommentaar: 14 Oktober 2024 Deur: Jaco Kleynhans Daar is veral drie ernstige konfliksituasies wat die afgelope tyd dreig om in groter oorloë, wat wesenlike bedreigings vir globale ekonomiese en politieke stabiliteit inhou, te ontaard. In Oos-Afrika het ons onlangs gehoor dat die dodetal ná 18 maande van ʼn voortslepende burgeroorlog in Soedan op minstens 150 000 […]

14 Oktober 2024 Die polisie het met ‘n ondersoek begin nadat ‘n werknemer van Standard Bank na haar dood geval het van die sesde verdieping van dié bankgroep se hoofkantoor-gebou in Rosebank, Johannesburg. Die voorval het verlede Maandagmiddag plaasgevind. Volgens die bank se woordvoerder, Ross Linstrom het die mense wat nou saam met haar gewerk […]


Current track

Title

Artist