Nuusberigte
Page: 2
14 Oktober 2024 Die Tshwane-metro se nooddienste is tans besig met brandbestrydingspogings op die N4-Wes in die noorde van Pretoria, net voor die M17-afrit, waar ‘n diesel-tenkwa tans aan die brand is. Die nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mnguni sê twee brandweerwaens, twee watertenkers, en talle brandbestryders van verskeie brandweerstasies in die stad is net voor […]
14 Oktober 2024 Die departement van sport, kuns en kultuur het byna R28-miljoen bestee om Span Suid-Afrika na vanjaar se Olimpiese Spele in Parys, Frankryk te stuur – waarvan sowat R804 000 betaal is om die minister, Gayton Mckenzie, na die spele te stuur. Die bedrag vir McKenzie se reis het vlugte, versekering, verblyf en […]
14 Oktober 2024 ‘n Vermeende Suid-Afrikaanse dwelmsmokkelaar is in Ethiopië in hegtenis geneem nadat sy betrap is met dwelms – ter waarde van meer as R5-miljoen – wat vir Suid-Afrika bestem was. Die 29-jarige vrou is aangekeer nadat die polisie in Gauteng haar deur Interpol laat uitwys het – deels omdat sy deur verskillende lande […]
14 Oktober 2024 Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevestig dat hy meer as 1,2-miljoen aansoeke ontvang het van mense wat vroeë onttrekkings uit hulle pensioenfondse wil maak. Dit kom nadat die sogenaamde tweepotstelsel – gister presies ses weke gelede – op 1 September in werking gestel is. Dié nuwe stelsel maak dit moontlik vir lede om […]
9 Oktober 2024 Die nuwe burgemeester in die Tshwane-metro, ‘n lid van ActionSA, dr Nasiphi Moya sê sy is nie ‘n ActionSA-burgemeester of die burgemeester van enige ander party nie, maar meen sy sal die burgemeester van die inwoners wees. Sy sê sy aanvaar die pos, en meen sy besef dat daar ‘n groot verantwoordelikheid […]
9 Oktober 2024 Die EFF sê hy het ‘n klag by die Parlement se Etiekkomitee ingedien teen die minister van landbou, John Steenhuisen, omdat hy na bewering valse antwoorde verskaf het. Die EFF-LP en partywoordvoerder, Leigh-Ann Mathys sê hulle het Steenhuisen in ‘n skriftelike parlementêre vraag gevra of hy van die normale werwingsprosesse afgewyk het toe hy vier […]
9 Oktober 2024 ‘n Raadsvergadering – waartydens ‘n nuwe burgemeester in die Tshwane-Metro verkies moet word – is belê om in dié uur te begin . Dit kom nadat die vorige burgemeester, die DA se Cilliers Brink, twee weke gelede uit die kussings gelig is nadat die DA se een vennoot, ActionSA, hom aan die koalisie […]
9 Oktober 2024 Die Rhema Bybelkerk het ‘n verklaring uitgereik waarin hy die afsterwe van sy stigter, pastoor Ray McCauley, bevestig. McCauley was Dinsgaaand ((8 Oktober) op sy sterfbed deur familie en geliefdes omring. Volgens die kerk was die 75-jarige McCauley nie meer aktief betrokke by die bediening nie, maar was hy steeds toegewyd. McCauley het […]
8 Oktober 2024 ‘n Kapenaar met uitstaande verkeersboetes van meer as R200 000 is een van twee wat in hegtenis geneem is tydens ‘n wetstoepassingsoperasie in die Mitchells Plain-omgewing. Tussen die twee van hulle is 87 lasbriewe uitgereik. ’n Week gelede is twee ander in hegtenis geneem met 43 gesamentlike lasbriewe ter waarde van meer […]
Waarskuwing: Die berig kan sensitiewe lesers ontstel. 8 Oktober 2024 ‘n Egpaar van Brandfort in die Vrystaat is tot ses maande gevangenisstraf gevonnis, én hulle moet boonop ‘n boete van R3 000 betaal op aanklagte van dieremishandeling en die verwaarlosing van hulle diere. Dit kom drie jaar nadat ‘n senior inspekteur verbonde aan die Nasionale […]