Nuusberigte

Page: 4

17 Januarie 2025 Terwyl die DA-lid – en minister van basiese onderwys – Siviwe Gwarube met trots aangekondig het die 2024-matriekslaagsyfer van 87,3% is die hoogste in die land se geskiedenis is, sê haar party dat die reële slaagsyfer 53,6% was. Die DA se woordvoerder oor basiese onderwys, Delmaine Christians, sê die departement van basiese onderwys se amptelike […]

17 Januarie 2025  Die burgerregtegroep, AfriForum sê hy versoek ‘n dringende vergadering met die minister van polisie, Senzo Mchunu, oor ‘n toename in plaasaanvalle. Volgens Afriforum se hoofwoordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk was daar minstens 33 plaasaanvalle, en sewe moorde van die begin van Desember af. “In sommige gevalle is die slagoffers aangerand en selfs gemartel.” Hy […]

16 Januarie 2025 Talle ouers van skoolgaande kinders is warm onder die kraag oor skryfbehoeftelyste wat van skole ontvang is wat items soos skoonmaakmiddels en toiletpapier vereis.  Verskeie skole vra verskeie items van ouers wat nie skryfbehoeftes is nie en ouers maak hulle stemme dik op sosialemediaplatforms.  Volgens Bronagh Hammond, die woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, word […]

16 Januarie 2025 Die DA in Tshwane sê hy is teleurgesteld omdat die metroraad nie ‘n skoon oudit vir die 2023/24-geldjaar kon kry nie. Die party se woordvoerder oor finansies in die metroraad, Jacqui Uys sê die ouditeur-generaal het daarop gewys dat die kultuur van prestasie nog nie onder die amptenare posgevat het nie. Volgens haar is […]

16 Januarie 2025 AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum het met regsaksie teen die promulgering van die Bela-wet begin. Volgens dié organisasies was president Cyril Ramaphosa se optrede – om die wet in sy geheel te promulgeer – irrasioneel. Hulle voer aan dat dit ook strydig was met verskeie ooreenkomste en ’n aanbeveling van die […]

15 Januarie 2025 Die DA en ActionSA eis antwoorde oor die aankoop van ‘n Pretoriase boetiekhotel van R23-miljoen-rand deur die polisie se misdaadintelligensie-eenheid. Volgens die DA-LP, Dianne Kohler Barnard, is dié transaksie nie aan die Parlement bekend gemaak nie. Die eenheid het die parlement se portefeuljekomitte oor polisie verlede jaar in Novemebr oor sy eiendomsportefeulje ingelig, […]

15 Januarie 2025 Die Vrystaat se beste presteerder in die matriekeindeksamen van 2024, is nié deur die provinsie se onderwysdepartement na ‘n funksie vir di top presteerders genooi nie. Dié geleentheid word jaarliks gereël om die toptien kandidate aan die media bekend te stel. Hoewel die nege ander topmatrieks die geleentheid bygewoon het, was Susan Bender, van […]

15 Januarie 2025 Talle provinsies sê dat hulle op die eerste skooldag met honderde skoliere sit wat nog nie in skole geplaas is nie. Provinsiale departemente van onderwys sê ‘n voorkeur vir voorstedelike skole, laat aansoeke, migrasie en te min hoërskole is van die redes waarom sommige leerlinge nog geplaas moet word. Ouers wat aandring […]

14 Januarie 2025 Die burgerregte-organisasie, AfriForum het die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, versoek om óók die syfer bekend te maak van leerders wat die skool verlaat het tussen Graad 10- en 12, voor die aanvang van die matriekeksamen. Dit kom nadat Gwarube gisteraand aangekondig het dat die matriekgroep van 2024 ‘n slaagsyfer van […]

14 Januarie 2025 Die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU), sê die 2024-matriekgroep is die tiende jaargroep wat die Nasionale Senior Sertifikaat eksamens in die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklarings, (KABVS) afgelê het. Die vakbond meen die feit dat dit reeds die tiende jaar groep is wat dié eksamen aflê, het die geleentheid gebied om hierdie groep teen ‘n geloofwaardige […]


Current track

Title

Artist