Statistiek Suid-Afrika sal na verwagting môre die land se jongste kwartaallikse arbeidsmagopname bekend maak, wat waarskynlik steeds ’n hoë werkloosheidsyfer sal toon.
Werkloosheid het in die tweede kwartaal tot 33,6% gestyg, teenoor 32,7% in die eerste kwartaal.
Jeugwerkloosheid het ook toegeneem tot 47,4%.
Nedbank-ekonome voorspel dat die werkloosheidsyfer moontlik verder effens sal verswak weens hoër brandstof- en vervoerkoste, wat ondernemings se winsgewendheid en aanstellings onder druk plaas.
Statistiek Suid-Afrika sal ook vervaardigingsyfers vir September bekend maak.
Produksie het na verwagting met 4% op ’n jaargrondslag afgeneem.
Die jongste mynbousyfers vir September word Donderdag verwag.