Nuusberigte
Page: 3
20 Januarie 2025 Die man wat daarvan aangekla word dat hy sy pa, ma en suster vroeër vandeesmaand in hul huis in Rondebult, Germiston vermoor het, Eugene Botha het vandag in die hooggeregshof in Johannesburg skuld beken op drie aanklagte van moord, asook aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Die 43-jarige […]
20 Januarie 2025 Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die waarnemende munisipale bestuurder van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit, Thabo Panyane, geëis dat die gehalte en veiligheid van die bruin water wat uit inwoners se krane loop, dringend ondersoek moet word. Matjhabeng bedien Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia en Welkom in die Vrystaat. ‘n VF […]
20 Januarie 2025 1 502 mense is gedurende die 2024/2025-feestyd op die land se paaie in 1 234 voorvalle dood. Die minister van vervoer, Barbara Creecy sê Suid-Afrika het nog ‘n ver pad om te stap om padveiligheid op te skerp, en om padongelukke- en sterftes te verminder. Die departement het vanoggend terugvoer gegee oor […]
20 Januarie 2025 Matrikulante wat nog nie seker is oor watter studierigting hulle gaan volg nie, het nou nóg ‘n opsie nadat die eerste na-skoolse kwalifikasie vir daggaverbouing deur die raad vir hoër onderwys goedgekeur is. ‘n Aansoek deur die Cheeba Cannabis & Hemp Academy is aanvaar met ‘n silabus wat goedgekeur is. Die hoër-sertifikaat is ‘n […]
20 Januarie 2025 Die dodetal, nadat ‘n brandstoftenkwa in Nigerië omgeslaan, en ontplof het, het tot 86 gestyg. Dit nadat 77 mense aanvanklik dood is. Die slagoffers het hul vermoedelik na die toneel gehaas om te probeer om van die brandstof in houers bymekaar te maak, toe die vragwa ontplof het. Dit kom nadat die […]
17 Januarie 2024 Motoriste kan moontlik verwag dat brandstofpryse in Februarie met sowat R1 per liter sal styg. 95 oktaan-petrol sal na verwagting 86-sent duurder wees, diesel kan tot R1,07 per liter duurder wees, en paraffien kan met 92-sent per liter styg. Die verwagte styging is deels te wyte aan duurder internasionale brandstofpryse en […]
17 Januarie 2025 ‘n Graad 9-leerling aan ‘n skool in Mosselbaai, in die Wes-Kaap het glo gister, 16 Januarie, in haar skool se siekeboeg geboorte geskenk. Die Mossel Bay Advertiser berig dat die 16-jarige leerling se baba glo prematuur gebore is. ‘n Betroubare bron het aan die plaaslike koerant gesê dat die meisie se onderwysers […]
17 Januarie 2025 Die Britse aktrise, Joan Plowright, is in die ouderdom van 95, in haar huis in Sussex, oorlede. Haar familie het in ‘n verklaring gesê dat sy omring was deur familielede toe sy dood is. Plowright se loopbaan as aktrise het oor nagenoeg 60 jaar gestrek, met verskeie rolle in rolprente, TV-programme, en […]
17 Januarie 2025 Die woordvoerder van die MK-party, Nhlamulo Ndhlela, het vroeër vandag bevestig dat dr. Thanti Mthanti ná minder as twee maande as die tesourier-generaal van die party bedank het. Mthanti het sedert 2 Desember in die pos gedien. Volgens Ndhlela is die besluit om afstand van die pos te doen geneem ná deeglike oorweging en met inagneming […]
17 Januarie 2025 Die Gautengse Onderwysdepartement het ouers gevra om geduldig te wees in gevalle waar kinders nog nie in ‘n skool geplaas is nie. Volgens die departement doen hy alles in sy vermoë om seker te maak dat alle skoliere voor die einde van die maand sitplek in ‘n klas het. ‘n Inhaler-program word in […]