Die tegnologiemaatskappy, Meta brei sy kunsmatige intelligensie-tegnologie wêreldwyd uit om die ouderdom van gebruikers op sy platforms, waaronder Instagram, Facebook en Threads, te skat.
Die tegnologie ontleed gebruikers se gedrag en plasings om tieners te identifiseer, selfs al het hulle ’n vals geboortedatum aangedui om as volwassenes te registreer.
Geïdentifiseerde tieners sal outomaties onder strenger beskerming geplaas word, met beperkings op inhoud, kontak met ander gebruikers en skermtyd.
Meta sê die uitbreiding volg nadat die tegnologie in verskeie lande getoets is en te midde van toenemende regstappe en kritiek oor die veiligheid van kinders op sosiale media.