Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het nuwe riglyne bekend gestel om munisipaliteite meer bestand teen die uitdagings van koalisieregerings te maak.
Die riglyne moedig koalisievennote aan om skriftelike ooreenkomste te sluit waarin hul gesamentlike beleidsprioriteite duidelik uiteengesit word.
Dit bevat ook ’n voorbeeld van ’n koalisie-ooreenkoms wat partye kan aanpas.
Volgens die departement het ‘n 138 munisipaliteite, oftewel sowat 65%, nie ’n volstrekte meerderheid in die plaaslike verkiesing behaal nie.
Die riglyne beveel ook aan dat munisipaliteite hul raadsreëls hersien om misbruik van mosies van wantroue te voorkom en politieke stabiliteit te bevorder.