Nuusberigte

Page: 5

22 November 2023 Die Kanadese regering het binnelandse handel in olifantivoor en renosterhoring verbied, asook die invoer van jagtrofeë wat hierdie dele bevat. Dié stap, onder leiding van die Humane Society International/Canada, volg op ‘n sewe jaar lange veldtog deur Kanadese dierebeskermingsgesindes, kunstenaars en musikante soos – Bryan Adams – en is deur Afrika-bewaringsbewustes ondersteun. Volgens […]

22 November 2023 Byna vyf jaar nadat haar man deur Al-Kaïda in Burkina Faso ontvoer is, en glo onder verdagte omstandighede gesterf het, het ‘n Potchefstroomse vrou ‘n regter gevra om hom dood te verklaar en om die egpaar se 28 jaar-lange huwelik te ontbind. Christo Bothma, die pa van ses kinders, was in diens […]

22 November 2023 Suid-Afrika se jaarlikse inflasie het in Oktober tot sy hoogste vlak in vyf maande gestyg, maar kenners is van mening dat dit nie noodwendig die Resewebank se monitêre beleidskomitee sal laat besluit om rentekoerse te verhoog nie, aangesien die verhoging waarskynlik tydelik van aard is. In Oktober is die verbruikersprysindeks op 5,9% […]

22 November 2023 Die regering van Katar sê die begin van die skietstilstand tussen Israel en Hamas sal binne die volgende 24 uur aangekondig word. Die vier dag lange skietstaking is deur Katar bemiddel. Volgens die ooreenkoms sal 50 persone wat deur Hamas militante gyselaar geneem is en in Gasa aangehou word, vrygelaat word. Palestynse […]

21 November 2023 ‘n Amerikaanse vrou was uiters teleurgesteld toe sy $200 of sowat R3 680 betaal het vir ‘n drie-laag feetjiekoek vir haar kleindogter, Eve se eerste verjaarsdagpartytjie, wat glád nie soos die verwysingsfoto gelyk het nie. Khrissy Joe het haar misnoeë in ‘n TikTok-video laat hoor wat reeds meer as 5-miljoen keer gekyk […]

21 November 2023 Die Suid-Afrikaanse Lugdiens gaan sy bedrywighede na Lilongwe en Blantyre in Malawi teen die einde van die maand opskort. Die lugredery sê daar is op dié stap besluit as deel van die proses om sy risiko te bestuur. Die SAL se hoof uitvoerende beampte, professor John Lamola, sê die stap moet nie […]

21 November 2023 Suid-Afrika se derde grootste selfoonoperateur, Telkom het begin met onderhandelinge om sy toringonderneming, Swiftnet te verkoop. Volgens berigte is planne om dié maatskappy te verkoop reeds ‘n geruime tyd in die pyplyn. Swiftnet besit nagenoeg 6 200 kommunikasietorings in Suid-Afrika. Telkom het vroeër vandag op Sens aangekondig dat hy in eksklusiewe onderhandelinge […]

21 November 2023 Die VF Plus sê hy sal die Gautengse regering se plan, om oor vier maande alle kinderpleegsorgsake self oor te neem, teenstaan. Die party het dit in reaksie gesê op ‘n berig in die afgelope Sondag se Rapport waarin berig word dat kinderbeskermingsorganisasies nie meer vanaf 1 April 2024 finansiële hulp van […]

21 November 2023 Die ma van die vermoorde Reeva Steenkamp, June, sal nié die paroolverrigtinge van die paralimpiese atleet Oscar Pistorius bywoon nie. Die paroolverhoor vind op Vrydag, 24 November by die Atteridgeville-gevangenis buite Pretoria plaas. Steenkamp se regsverteenwoordiger Tania Koen het egter gesê dat June se slagoffer-impakverslag voorgelees sal word, en dat sy nie die […]

17 November 2023 Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA sê ondanks die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se pogings om meer belastigbetalings in te vorder, is mense steeds ontevrede omdat dit voorkom asof ‘n groot deel van belasting gebruik word om korrupsie te pleeg.  OUTA het ‘n studie gedoen nadat hulle onderhoude gevoer het met besigheidseienaars wat wel belasting betaal. […]


Current track

Title

Artist