Nuus
Page: 5
23 November 2023 Dit wil in hierdie stadium voorkom of daar waarskynlik nie vanjaar ‘n inenting teen die H7-variant – wat vir die huidige voëlgriep-uitbreking verantwoordelik is – in Suid-Afrika beskikbaar sal wees nie. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die aansoek vir goedkeuring van ‘n inenting afgekeur. Volgens die departement se […]
23 November 2023 Die Valke sê hulle is op die spoor van nóg twee verdagtes in verband met die diefstal by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas. $580 000 of sowat R10-miljoen wat in kontant in ‘n rusbank versteek was, is in 2020 gesteel. Die hoof van die Valke, luitenant-generaal Godfrey Lebeya sê die verdagtes […]
23 November 2023 Die Valke het in die tweede kwartaal van die 2023/2024-boekjaar 791 individue en tien regspersone in hegtenis geneem vir ondermeer vyf nasionale prioriteitsmisdrywe. Die Nasionale Hoof van die Valke, luitenant-generaal Godfrey Lebeya en ander bestuurslede van die Valke het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou waartydens hulle die Valke se suksesse en mislukkings vir […]
23 November 2023 Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat sê hy verwag om die Kusile-kragstasie-korrupsiesaak – van R2,2-miljard waarby die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, betrokke is – weer op die hofrol te plaas. Dit kom nadat die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Middelburg, Mpumalanga, dié saak vroeër die week van die rol geskrap het, […]
23 November 2023 Owerhede het vier grensoorgange tussen die VSA en Kanada tydelik gesluit nadat ‘n voertuig Woensdag by die Rainbow Bridge – wat die Verenigde State en Kanada by Niagara Falls verbind – ontplof het. Die New Yorkse goewerneur, Kathy Hochul, sê die FBI se gesamentlike terrorismetaakspan is gemobiliseer om die voorval te ondersoek. […]
22 November 2023 Die VF Plus sê hy is oorval met reaksie na ‘n landswye veldtog waarin die publiek genooi is om hul ervarings te deel oor behandeling wat hulle in openbare gesondheidsorginstellings ontvang het. Die VF Plus parlementslid en hoofwoordvoerder oor gesondheid, Philip van Staden sê mense se reaksie skets ‘n ontstellende prentjie van […]
22 November 2023 Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het vroeër vandag in die Nasionale Vergadering aanbeveel dat die geskorste regter-president van die Wes-Kaap, John Hlophe as regter verwyder moet word. Hlophe is in Desember verlede jaar deur pres. Cyril Ramaphosa geskors hangende ‘n besluit oor sy toekoms as regter. Hlophe is in 2021 […]
22 November 2023 Die Kanadese regering het binnelandse handel in olifantivoor en renosterhoring verbied, asook die invoer van jagtrofeë wat hierdie dele bevat. Dié stap, onder leiding van die Humane Society International/Canada, volg op ‘n sewe jaar lange veldtog deur Kanadese dierebeskermingsgesindes, kunstenaars en musikante soos – Bryan Adams – en is deur Afrika-bewaringsbewustes ondersteun. Volgens […]
22 November 2023 Byna vyf jaar nadat haar man deur Al-Kaïda in Burkina Faso ontvoer is, en glo onder verdagte omstandighede gesterf het, het ‘n Potchefstroomse vrou ‘n regter gevra om hom dood te verklaar en om die egpaar se 28 jaar-lange huwelik te ontbind. Christo Bothma, die pa van ses kinders, was in diens […]
22 November 2023 Suid-Afrika se jaarlikse inflasie het in Oktober tot sy hoogste vlak in vyf maande gestyg, maar kenners is van mening dat dit nie noodwendig die Resewebank se monitêre beleidskomitee sal laat besluit om rentekoerse te verhoog nie, aangesien die verhoging waarskynlik tydelik van aard is. In Oktober is die verbruikersprysindeks op 5,9% […]