Luister nou

Oorsprong van stank in Gauteng ondersoek

Deur Walter Ernst

Die Gautengse departement van omgewingsake ondersoek die oorsprong van ’n stank wat moontlik deur waterstofsulfied veroorsaak word.

Volgens die departement dui voorlopige ondersoeke daarop dat die voorval ’n groot gebied raak, met klagtes uit onder meer Sedibeng, Ekurhuleni, die Wes-Rand en Johannesburg.

Verskeie moontlike bronne, waaronder rioolwaterbehandelingsaanlegte, stortingsterreine, aanlegte waar organiese afval verwerk word en nywerheidsaanlegte wat met swaelbevattende materiale werk, word ondersoek.

Lees ook: Vuil lug kos lewens

Die land het tans nie ’n nasionale luggehaltestandaard vir waterstofsulfied nie.

Volgens die departement het die hoogste konsentrasies wat aangeteken is, onder die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se riglynwaarde van 110 dele per miljard gebly, gemeet as ’n gemiddelde 24-uur.

“Hoewel die gemete vlakke hoog genoeg was om die stank te veroorsaak en kommer onder inwoners te wek, dit nie op ’n akute openbare gesondheidsnoodgeval dui nie,” sê die departement.

Lees ook: Ruik jy dit? Gautengers krap kop oor reuk in die lug

Gauteng het 31 luggehaltemoniteringstasies, waarvan 19 ten volle funksioneer. Een stasie werk gedeeltelik, terwyl die ander 11 tydelik buite werking is.

Die departement sê dat munisipaliteite daaraan werk om die betrokke stasies weer in werking te stel. Die herstelwerk en opgraderings word vir die 2026/27- en 2027/28-boekjare beplan.

 

 

Gewilde Nuus

Groen ID-boek

Meer as 750 banktakke verwerk nou slim ID’s

Fotokrediet: Duurzaam Nieuws

SA Weerdiens waarsku oor hittegolf

Fotokrediet: Bloomberg.com

Die VSA bewillig baie geld vir projek in Suid-Afrika

Ramaphosa

Salarisverhogings vir openbare ampsdraers goedgekeur

Werkloosheid (1)

Werkloosheidskoers styg met 0.1% in 3e kwartaal

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: SwimSwam
Nog ’n Suid-Afrikaanse swemmer oorweeg ’n internasionale skuif
Hlabisa - YFM
Hlabisa maak nuwe riglyne bekend teen uitdagings
Groen ID-boek
Meer as 750 banktakke verwerk nou slim ID’s
Fotokrediet: Duurzaam Nieuws
SA Weerdiens waarsku oor hittegolf
Fotokrediet: Bloomberg.com
Die VSA bewillig baie geld vir projek in Suid-Afrika

Luister nou