Luister nou

Linkse partye stig gesamentlike politieke blok

Deur Marelize Maré

Linkse partye wat onder meer die SAKP, EFF, MK-party en Afrika Mayibuye-beweging insluit, sê hulle sal nie ANC-geleide koalisies met die DA in munisipaliteite sonder ’n volstrekte meerderheid steun nie.

Die sogenaamde Raad van die Linkses het ’n gesamentlike politieke blok aangekondig.

Die partye, wat gesamentlik sowat 20-persent van die stemme verteenwoordig, wil in munisipaliteite waar hulle verteenwoordig is, saamwerk om ’n gemeenskaplike program te bevorder.

Dit sluit in beter dienslewering, bekostigbare elektrisiteit, skoon water, behuising en werkskepping.

MK-party-onderhandelaar Dali Mpofu sê die partye sal voorlopig steeds afsonderlik aan koalisiegesprekke deelneem, maar hoop om in toekomstige verkiesings as ’n blok te onderhandel.

Die ANC is ook genooi om saam te werk, maar sal eers steun kry indien hy aan die blok se voorwaardes voldoen.

Die groepering het vroeër ook bewerings verwerp dat hulle na die ANC sal terugkeer indien president Cyril Ramaphosa bedank.

Die partye doen voorts ’n beroep op die ANC om die DA en die VF Plus uit die Regering van Nasionale Eenheid te verwyder.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: SwimSwam

Nog ’n Suid-Afrikaanse swemmer oorweeg ’n internasionale skuif

Hlabisa - YFM

Hlabisa maak nuwe riglyne bekend teen uitdagings

Groen ID-boek

Meer as 750 banktakke verwerk nou slim ID’s

Fotokrediet: Duurzaam Nieuws

SA Weerdiens waarsku oor hittegolf

Fotokrediet: Bloomberg.com

Die VSA bewillig baie geld vir projek in Suid-Afrika

Ander Nuus Artikels

Tatjana Smith
Swem SA bieg: Dit was ’n fout om Tatjana se prysgeld te weerhou
Luggehalte
Oorsprong van stank in Gauteng ondersoek
Fotokrediet: SwimSwam
Nog ’n Suid-Afrikaanse swemmer oorweeg ’n internasionale skuif
Hlabisa - YFM
Hlabisa maak nuwe riglyne bekend teen uitdagings
Groen ID-boek
Meer as 750 banktakke verwerk nou slim ID’s

Luister nou