Nuus

Page: 4

27 November 2023 Indiese militêre ingenieurs het vroeër vandag met die hand gegrawe om 41 werkers te bereik, wat vir 16 dae in ‘n padtonnel wat in die staat Uttarakhand ineengestort het, vasgekeer was. Dit nadat die reddingsoperasie met  verskeie terugslae gepaardgegaan het, omdat pogings lank geneem het, nadat dit deur puin wat geval het en boormasjiene […]

27 November 2023 Die EFF-leier Julius Malema het die naweek weer gekla oor wit mense. Hy het tydens sy party se saamtrek in Bloemfontein in die Vrystaat gesê wit mense sit hul geld in banke, eerder as om dit te bestee sodat die ekonomie nie kan groei nie. Malema sê ook dat wit, Afrikaanse vroue nog […]

25 November 2023 Die burgerregteorganisasie, Action Society sê ‘n verdagte is in hegtenis geneem – twee jaar nadat dominee Liezel de Jager by haar huis in Amanzimtoti verwurg en vermoor is. Die verdagte is in Bloemfontein deur ‘n span van die polisie se nasionale ondersoekeenheid vir onopgeloste sake in hegtenis geneem. Action Society se direkteur […]

25 November 2023 Die DA is besig om regshulp in te win nadat die DA-parlementslid, Glynnis Breytenbach die slagoffer van ‘n sogenaamde deepfake stemopname geword het, wat op die sosiale media-platform, TikTok gedeel is. Deepfake opnames verwys na opnames wat gemaak word sodat die fop stem byna identies is aan dié van die slagoffer. Die […]

Nuuskommentaar: 24 November 2023 Deur: Ernst Roets Teen hierdie tyd is dit geen geheim meer nie dat kaderontplooiing in wese oor mag gaan. Dit is die regerende orde se strategie om hul greep op die “magshefbome” te versterk deur strategiese posisies met lojaliste te vul. Dit is egter nie die hoofrede wat vir hierdie praktyk […]

24 November 2023 Student-helikoptervlieënier en sy instrukteur is ernstig beseer toe hul Robinson R44 Raven II-helikopter naby ’n veiligheidskompleks in Midrand neergestort het. Die Burgerlugvaartowerheid het in ‘n verklaring gesê hul ongeluk- en voorvalondersoekers is na die ongeluksterrein gestuur opsoek na bewysstukke. Die owerheid sê die tuig het ook aansienlike skade opgedoen tydens die voorval. […]

24 November 2023 June Steenkamp, die ma van Oscar Pistorius se vermoorde meisie Reeva Steenkamp, sê sy glo nie dat hy gerehabiliteer is nie en, indien dit die geval is, vrees sy vir die veiligheid van vroue as hy vrygelaat word. In ‘n slagoffer-impakverklaring wat tydens Pistorius se paroolverhoor voorgelees is, skryf Steenkamp dat sy […]

23 November 2023 ‘n Brand het omstreeks 18:00 vanaand by die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria uitgebreek. Volgens die Gautengse nooddienste is die brand kort daarna onder bedwang gebring. Die oorsaak van die brand is nog onduidelik, en dit wil voorkom asof geen beserings aangemeld is nie. Volgens die Emer-G-Med nooddienste is dit glo ‘n kragopwekker […]

23 November 2023 Dit wil in hierdie stadium voorkom of daar waarskynlik nie vanjaar ‘n inenting teen die H7-variant – wat vir die huidige voëlgriep-uitbreking verantwoordelik is – in Suid-Afrika beskikbaar sal wees nie. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die aansoek vir goedkeuring van ‘n inenting afgekeur. Volgens die departement se […]

23 November 2023 Die Valke sê hulle is op die spoor van nóg twee verdagtes in verband met die diefstal by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas. $580 000 of sowat R10-miljoen wat in kontant in ‘n rusbank versteek was, is in 2020 gesteel. Die hoof van die Valke, luitenant-generaal Godfrey Lebeya sê die verdagtes […]


Current track

Title

Artist