Nuus

Page: 3

30 Oktober 2024 Die burgemeester, in die Tshwane-metro, dr. Nasiphi Moya sê dat die stadsraad sy skattings vir water- en elektrisiteitsgebruik gaan verminder in ‘n poging om verbruikers te kry om vir hul dienste te betaal. Sy het vanoggend dié opmerking gemaak as deel van die bekendstelling van  ‘n plan om dienslewering in die hoofstad te verbeter. […]

30 Oktober 2024 Die departement van binnelandse sake sê Chidimma Adetshina en haar ma se Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente en paspoorte sal teruggetrek word nadat hulle versuim het om voorleggings aan die departement te doen oor waarom dit nie moet gebeur nie. Intussen het die Valke ook aangedui dat sy ondersoek na bedrog en identiteitsdiefstal afgehandel is – en […]

Nuuskommentaar: 29 Oktober 2024 Deur: Herman Toerien Op 31 Oktober vier talle mense wêreldwyd Halloween, en dit het volgens ‘n artikel in die Kruispad-tydskrif, ook nou op ‘n al groter skaal na Suid-Afrika begin oorwaai. Die invloed van Amerikaanse TV-reekse waarin dit gereeld voorkom, word verdink van hierdie nuwe verskynsel. Vandag is daar steeds baie, […]

29 Oktober 2024 Die vier Burger-standbeelde op Kerkplein in Pretoria is gevandaliseer. Volgens die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is die geweerlope, bandeliere, vingers van die standbeelde en kruithorings afgesaag. Dit ten spyte daarvan dat die Kruger-beeldegroep omhein is met ’n veiligheidswag. Die erfenishulpbronspesialis van die FAK, Leonie Marais, meen die skade moes onlangs aan […]

29 Oktober 2024 Die vakbond, NUMSA sê hy gaan appèl aanteken teen ‘n arbeidshof-uitspraak wat die vakbond se bod – om die motorvervaardiger, BMW te verbied om voort te gaan met ‘n dissiplinêre proses teen sy werknemers – van die hand gewys het. Die maatskappy het dissiplinêre prosesse begin teen meer as 200 werkers wat […]

29 Oktober 2024 ’n Splinternuwe program onder leiding van Chris Maas, Klankbaan, is eersdaags op Pretoria FM te hoor. Klankbaan sal luisteraars op ’n musiekreis neem wat die grense van tradisionele filmmusiek oorskry en kyk na alle musiek wat die beeld wat die kyker sien en beleef beklemtoon — van televisie-advertensies tot Playstation-speletjies. Chris Maas […]

29 Oktober 2024 Die ANC sê hy gaan ondersoek instel na die uitlek van interne ANC-inligting aan die media. Die party se Nasionale Uitvoerende Komitee het die naweek oor verskeie kwessies vergader, waaronder die uitlek van sekere inligting aan die media. Die ANC se sekretaris Generaal Fikile Mbalula sê ‘n nuwe permanente komitee sal forensiese […]

29 Oktober 2024 Freedom Park het van deuntije verander, en sal nou wel toelaat dat die Solidariteit Beweging sy optog teen die Bela-wet by dié erfenisterrein hou. Die bestuur van die terrein het Solidariteit se aanvanklike aansoek geweier. Volgens Solidariteit het die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie toegesien dat die optog wel […]

29 Oktober 2024 Honderde stembriewe is vernietig nadat stembusse in die VSA se deelstate, Oregon en Washington aan die brand gesteek is. Die polisie stel ondersoek in nadat brande ook vroeër in Portland en Vancouver gestig is. ‘n Ouditeur van Vancouver, Greg Kimsey sê die stembusse vir vroeë stemme het ingeboude brandblussers in, maar om die een of ander rede was die stelsels nie in […]

29 Oktober 2024 ‘n Vals kantoor van binnelandse sake – wat na bewering gebruik is om Suid-Afrikaners aan ongedokumenteerde buitelandse burgers te laat trou – is in Durban ontdek. Die polisie het op ‘n woonstelblok in Greyville toegeslaan en drie verdagtes in hegtenis geneem. Hulle sê verdagtes sou identiteitsdokumente van Suid-Afrikaanse vroue in die hande kry en […]


Current track

Title

Artist