Die waarnemende president van Swem Suid-Afrika, Zikie Molusi, het erken dat dit ’n fout was om die swemlegende en Olimpiese medalje-wenner Tatjana Smith se prysgeld wat sy by die Olimpiese Spele in 2024 in Parys vir haar gouemedalje verower het, terug te hou.
$35 000 (ongeveer R578 682) in prysgeld is onregmatig vir Smith se goue en silwer medaljes weerhou.
Die 29-jarige Smith het vroeër vandeesweek aangekondig dat sy voortaan vir Nederland gaan swem weens finansiële druk en beter ondersteuning oorsee.
Lees ook: Nog ’n Suid-Afrikaanse swemmer oorweeg ’n internasionale skuif
Molusi het gesê dat kontrakte intussen aangepas is ná die borgskapgeskil betreffend Smith se prysgeld.
Verskeie swemmers is óók ingelig dat hulle self vir hul vliegkaartjies, verblyf en die bestuurskostes moet betaal, wat volgende maand by die Wêreldkortbadkampioenskap van 1 tot 6 Desember in Beijing, China reis deelneem.