Nuus

Page: 8

10 September 2021 Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi het sy skok uitgespreek oor nóg ‘n voorval waar ‘n skolier deur ‘n ander skolier met ‘n mes doodgesteek is. ‘n Graad 9 leerder van die Alexandra Hoërskool – buite Johannesburg – het in die hospitaal aan sy beserings beswyk nadat ‘n graad 7 […]

Meer oor die verkope van landboumasjinarie die afgelope maandEsmarie Yssel deel met ons die jongste damverslagEn ons gesels oor die nuwe uitgawe van die landbouweekblad

Die VF Plus meen dit is onaanvaarbaar dat ʼn krisis met die oortydbetaling van munisipale werkers daartoe lei dat noodsaaklike dienste soos die brandweer, verkeersdienste en die instandhouding van krag- en waterinfrastruktuur nie behoorlik gelewer kan word in die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit in Limpopo nie. Die party sê al hierdie dienste is noodsaaklik en die onderbreking […]

10 September 2021 Polisieduikers sal vandag hulle soektog voortsit na ‘n 23-jarige man van Gauteng wat by ‘n Kaapse strand deur seestrome meegesleur is. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Luke van Riet sê ‘n noodreddingspan is gistermiddag omstreeks 13:00 ontplooi nadat ‘n noodoproep van ‘n lid van die publiek ontvang is. Die persoon het glo […]

10 September 2021 Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla sê hospitalisasies weens Covid-19 het oor die afgelope week met 10% afgeneem. Hy het vanoggend die media toegespreek oor die jongste rakende die regering se inentingsprogram. Nuwe gevalle het ook met 25% afgeneem, wat die moontlikheid van ‘n verslapping nog meer moontlik maak. Hy sê […]

Steeds Vrou- Digbundel van Rene Roux en Alta Strauss

10 September 2021 Die lewensversekeraar, Sanlam gaan ook sy personeel verplig om in te ent. Die maatskappy sal ook die inenting in ag neem wanneer premies van sekere polisse bepaal word. Dit volg op die nuus dat die Discovery-groep sy personeel gaan verplig om in te ent.  Netwerk24 het ’n week gelede berig Discovery-groep gaan sy personeel […]

9 September 2021 Die rondgaande hof in Parys, in die Vrystaat, het gehoor dat nie een van die sogenaamde Parys-vyf tronkmateriaal is nie. Boeta van der Westhuizen (51), Anton Loggenberg (55), Cor Loggenberg (24), Loedie van der Westhuizen (23) en Miela Jansen van Vuuren (28) is na die dood van Samuel Tjixa (35) en Simon […]

9 September 2021 Lede van die DA en die VF Plus het ‘n kort ruk gelede uit die Parlement geloop, wat dus die kworum gebreek het en daarom verhoed het dat die wysigingswetsontwerp op billike indiensneming aanvaar word. Die DA-LP asook die woordvoerder van die party, Cilliers Brink het aan Pretoria FM gesê dat dié […]

9 September 2021 Suid-Afrika is een van vyf lande wat gaan deelneem aan ‘n internasionale proef om Covid-19 entstof op kinders te toets. Nagenoeg 2000 kinders – tussen die ouderdomme van ses maande en 17 jaar – gaan aan dié proefneming deelneem. Die eerste van dié kinders sal vanaf môre in Pretoria ingeënt word. 14 […]


Current track

Title

Artist