Luister nou

Cachalia in Desember voor die Madlanga-kommissie

Deur Walter Ernst

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sal op 15 Desember voor die Madlanga-kommissie van ondersoek verskyn om sy departement se nuwe hervormingsplan vir die polisiediens aan te kondig.

Hy het die aankondiging tydens ’n inligtingsessie gemaak waar hy met die parlement se portefeuljekomitee oor polisie gepraat het.

Cachalia neem sedert Augustus 2025 waar as die minister van polisie nadat president Cyril Ramaphosa vir Senzo Mchunu op spesiale verlof geplaas het.

Cachalia sê dat die huidige krisis in wetstoepassing ’n gulde geleentheid bied om die SAPD te vernuwe en te versterk.

“Ons het nóú die geleentheid om te herstel, en ek dink dit is baie belangrik dat ons aan ’n konsensus oor hierdie hervormingsagenda werk,” sê Cachalia.

Volgens Cachalia sal die finale herstrukturering nie net op die departement se voorstelle berus nie, maar ook bevindinge van verskeie parlementêre prosesse en die kommissie se eie verslag insluit.

Provinsiale leiers het reeds hul steun aan die bloudruk toegesê, terwyl samesprekings met vakbonde soos die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (SAPU) tans aan die gang is.

Cachalia sê die proses sal aansienlike werk en koördinering tussen die ministerie, die departement en die portefeuljekomitee oor polisie vereis.

“Ek dink dit is ’n opwindende geleentheid om polisiëring in die komende dekades te hervorm en te versterk,” het Cachalia bygevoeg.

 

Gewilde Nuus

Kraan

Waterbeperkings tref die Wes-Kaap

Sigarette

Onwettige handel kos SA R68 mjd. jaarliks

Fotokrediet: Maroela Media

Die Tshwane-metro stel vlak twee-waterbeperkings in

Boer tot bord

AGOA: Wanneer internasionale politiek die verbruiker se inkopietrollie laai

Internasionale Perspektief nuut

Pole diep verdeeld oor land se toekomstige rigting

Ander Nuus Artikels

Rama & Musk - BusinessTech
Ramaphosa vra Musk se hulp
Fotokrediet: DA Gauteng
ANC-ooreenkoms met DA uitgesluit
Kraan
Waterbeperkings tref die Wes-Kaap
Sigarette
Onwettige handel kos SA R68 mjd. jaarliks
Fotokrediet: Maroela Media
Die Tshwane-metro stel vlak twee-waterbeperkings in

Luister nou