Suid-Afrikaners kan voortaan sonder lang rye of voorafbesprekings aansoek doen vir paspoorte by 480 deelnemende banktakke landswyd.
Dit volg op ’n uitgebreide digitale vennootskap tussen die departement van Binnelandse Sake en die banksektor, wat die aantal banktakke waar daar aansoek gedoen kan word net voor die feestyd verdriedubbel het.
Lees ook: Meer as 750 banktakke verwerk nou slim ID’s
Volgens die minister van Binnelandse Sake, dr. Leon Schreiber, is die ’n mylpaal wat dienste veral vir afgeleë gemeenskappe meer toeganklik maak.
Die inisiatief bou voort op die sukses van die slim-ID-kaarte wat by 753 banktakke landswyd beskikbaar is.
Die departement beplan ook om in die volgende fase paspoort- en slim-ID aansoeke vir minderjariges by banktakke in te sluit.