Luister nou

Gemeenskappe moet self

Deur Redaksie

AfriForum en die Solidariteit Beweging beoefen reeds jare lank federalisme en die oprigting van ’n Instituut vir Federalisme was dus ’n logiese volgende stap. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, het tydens die bekendstelling van dié instituut die afgelope week by die AfriForum Teater gesê dat dr. Martin van Staden, wat voorheen die beleidshoof van die Vryemarkstigting was, die logiese keuse as die hoof van die nuwe instituut was.

“As jy suksesvol wil wees met jou doelwitte om ’n toekoms vir die nageslag te skep, gaan jy dit net met die regte mense regkry.”

Kriel sê die noodsaak vir ’n Instituut vir Federalisme is vergroot deur die mislukking van sentralisme.

“Sentralisme misluk want jy ontplooi mense wat onbekwaam is omdat die enigste vereiste is dat hulle lojaal aan ’n bepaalde party moet wees. As dit in die polisie gebeur, kry jy wat ons tans by de Madlanga-kommissie sien.”

Kriel sê diegene wat oor sentrale mag beskik, staan dit nie sommer af nie. AfriForum is egter nie van voorneme is om toestemming te vra om sekere take in gemeenskappe te setel nie.

“Selfdoen is deel van ons DNS. Elke gemeenskap moet die verantwoordelikheid neem om ’n toekoms vir hulle kinders in daardie gemeenskap te bou. Die beste buffer teen staatsverval is sterk selfstandige gemeenskappe.”

Kriel sê vullisverwydering, die herstel van slaggate en soortgelyke take word toenemend self deur gemeenskappe verrig.

“As jy sê ons sal ons gemeenskappe self bestuur, dan moet ons ook self die werk kan doen.”

Kriel sê die afwenteling van polisiëring is belangrik, maar dat dit selfs verder gevoer moet word deur gemeenskappe wat self omsien na hulle veiligheid en dat plaaslike veiligheidstrukture opgerig moet word.

Van Staden sê die ineenstorting van die staat beteken nie die ineenstorting van gemeenskappe nie.

Hy sê dit is positiewe ontwikkeling as gemeenskappe byvoorbeeld die watervoorsiening in hulle gemeenskappe oorneem. Hy sê die Suid-Afrikaanse bestel is reeds federaal en dat dit nie vergesog is vir gemeenskappe om sekere dienste oor te neem nie.

Kallie Kriel en dr. Martin van Staden. (Foto: Reint Dykema)

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/11/NUUSWEEK-Uitgawe-93-13-Nov-2026.pdf

Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 13 November 2026

Fotokrediet: KI gegenereer

Linkse partye stig gesamentlike politieke blok

Tatjana Smith

Swem SA bieg: Dit was ’n fout om Tatjana se prysgeld te weerhou

Luggehalte

Oorsprong van stank in Gauteng ondersoek

Fotokrediet: SwimSwam

Nog ’n Suid-Afrikaanse swemmer oorweeg ’n internasionale skuif

Ander Nuus Artikels

jpg (2)
Slagoffer van plaasaanval wil God loof en prys
jpg (1)
Koalisies: Enige scenario is moontlik
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 13 November 2026
Fotokrediet: KI gegenereer
Linkse partye stig gesamentlike politieke blok
Tatjana Smith
Swem SA bieg: Dit was ’n fout om Tatjana se prysgeld te weerhou

Luister nou