Nuuskommentaar

Page: 5

Hoofstuk 16 – 22 Augustus 2023 Ek is gevra vir ‘n kort skets ten aansien van die voorreg wat ek ‘n aantal jare gelede gehad het om vir ‘n tyd in ‘n bepaalde opsig nou gemoeid te wees met die wel en weë van Radio Pretoria, nou Pretoria FM, waarna ek ook sal verwys as […]

Hoofstuk 13 – 18 Augustus 2023 Die program Vasbyt waarmee Paul van Jaarsveld begin het om fondse in te samel en die musiekfeeste wat Chris Bester en sy komitee van Radio Magaliesberg buite Brits gereël het, het spoedig ‘n instelling geraak. Vasbyt was ‘n groot makietie oor die lug op ‘n Saterdag. Luisteraars kon tydens […]

Hoofstuk 12 – 17 Augustus 2023 Teen die helfte van April is daar weer uitvoerige gesprekke met die uitsaai-owerheid gevoer. Die uitsaai-owerheid wou sekerheid dat die stasie volhoubaar sou kon uitsaai. Daardie vrae is beantwoord en  aan die uitsaai-owerheid gestuur tesame met die name van die stasie se bestuur. Die bestuurspan soos deurgegee was: Algemene […]

Hoofstuk 11 – 16 Augustus 2023 Die tyd van verpligte stilswye terwyl gewag is op ’n lisensie van die nuut ingestelde Onafhanklike Uitsaai Owerheid het ’n jaar geword maar die tyd is toe nie ledig en onvrugbaar deurgebring nie. Dié stilswye is op 26 April 1994 deur die Hooggeregshof beveel want alle gemeenskapsradio’s  moes vanaf […]

Hoofstuk 10 – 15 Augustus 2023 In die algemene verkiesing wat op 27 April 1994 gehou is, het die verdeling van stemme in die eerste verkiesing waaraan alle bewoners van Suid-Afrika deelgeneem het sy eie verhaal vertel. Die ANC-alliansie het 12 miljoen stemme (62.65% van al die stemme) gekry, die Nasionale Party het nagenoeg 4 […]

Hoofstuk 9 – 14 Augustus 2023 Op Donkerhoek was daar tog ’n bietjie vrolikheid oor die saak toe dit geblyk het dat die owerheid nie so onfeilbaar is as wat hy graag wou voorgee  nie. Op 15 Desember 1993 is daar weer deur die owerheid besluit dat die stasie met sy uitsendings mag voortgaan in […]

Hoofstuk 8 – 11 Augustus 2023 Daar word vertel dat die kerkhervormer, Martin Luther op ‘n stadium sou gesê het: “Selfs as ek weet, die wêreld gaan more tot niet, dan plant ek steeds vandag my appelboom”. Te midde van die onsekerheid oor uitsaairegte teen die einde van 1993, het die bestuur van die stasie […]

Hoofstuk 7 – 10 Augustus 2023 Die uitsendings van “die stasie te velde” het baie gou ’n tameletjie vir die owerhede geword. Beeld, het op 23 September 1993 soos volg berig: ”Die Departemente van Binnelandse Sake, Pos- en Telekommunikasiewese en Wet en Orde, kon gister nog nie besluit wie se dilemma die onwettige uitsendings en […]

Hoofstuk 6 – 8 Augustus 2023 Die byna oorweldigende steun waarmee die stasie van die begin af verras is, was ’n wonderlike aansporing vir almal wat met die oprigting en in standhou van die radio gemoeid was. Die steun kon ook gekwantifiseer word want Oktober 1993 se totale uitgawes – administratief, salarisse en kapitaalbesteding was […]

Hoofstuk 5 – 7 Augustus 2023 Geleidelik het al die beplanning ’n werklikheid begin geword. Van vele kante het daar soveel finansiële steun gekom dat begin kon word om die uitsaai-toring op Donkerhoek se rant op te rig en om  al die ander benodighede vir ’n uitsaai-stasie aan te skaf en om ’n eerste “ateljee” […]


Current track

Title

Artist