Nuuskommentaar

Page: 4

Nuuskommentaar: 25 Junie 2024 Deur: Alana Bailey Die afgelope week gons dit oor die voortbestaan van verskeie koerante, insluitend Afrikaanse publikasies. Gedrukte media verkeer wêreldwyd in ’n oorlewingstryd omdat al meer lesers digitale nuusbronne verkies. As gedrukte koerante sou verdwyn, sal dit nie noodwendig die einde van uitnemende joernalistiek beteken nie, maar daar sal nadelige […]

Nuuskommentaar: 24 Junie 2024 Deur: Jaco Kleynhans Die groot herbewapening van Europa is besig om te gebeur. Volgens die nuutste data van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sal 23 van die 32 Navo-lidlande vanjaar minstens 2% van hulle bruto binnelandse produk aan verdediging bestee. In 2018 het slegs agt lande hierdie doelwit bereik. Die Duitse minister van […]

Nuuskommentaar: 20 Junie 2024 Deur: Herman Toerien Die nuus dat Media 24 waarskynlik volledig van die gedrukte media na digitaal gaan omskakel, en dat bekende name soos Beeld en Volksblad gaan verdwyn, is waarskynlik die onvermydelike gevolg van veranderende omstandighede. Die aankondiging laat egter veel meer trauma as net die moontlike 400 werksverliese. Die lang […]

Nuuskommentaar: 19 Junie 2024 Deur: Herman Toerien Dit sou verregaande wees om aan te neem dat oud-president Jacob Zuma, oud-president Donald Trump en pres. Joe Biden enigsins uit dieselfde vel geknip is. Ideologies, intellektueel en opvoedkundig is die klowe net te groot. Maar niemand kan ook stry dat daar, waarskynlik per toeval, ‘n taamlike klomp […]

Nuuskommentaar: 18 Junie 2024 Deur: Jaco Kleynhans Wêreldleiers was die afgelope paar dae behoorlik besig met eers die G7-beraad in Italië en daarna ʼn vredesberaad oor die oorlog in Oekraïne wat in Switserland plaasgevind het. Na die onlangse Europese verkiesings en in aanloop tot die Amerikaanse verkiesing later vanjaar, is die verdelingslyne tussen Westerse leiers […]

Nuuskommentaar: 13 Junie Deur: Herman Toerien Vrydag 14 Junie is wêreldbloedskenkdag en Pretoria FM neem aktief aan ‘n lofwaardige projek deel om dit te ondersteun. Baie is geskryf oor hoe skenkers eintlik helde is, en lewens help red. Die bemarking hiervan is lofwaardig, en enige handeling om mense aan te moedig om skenkers te word, […]

Nuuskommentaar: 11 Junie 2024 Deur: Jaco Kleynhans Terwyl die president van die Europese Kommissie, die Duitser Ursula von der Leyen, Sondagaand ’n oorwinning vir die sentrumregse groepering van Europese partye in die Europese Parlement aangekondig het, was die ware oorwinnaars van dié verkiesing eerder twee ander vroue, naamlik Marine Le Pen, leier van die regse […]

Nuuskommentaar: 6 Junie 2024 Deur: Herman Toerien Toe die Congress of the People (Cope) in 2008 as wegbreekparty uit die ANC tot stand gekom het, het dit ‘n rekordgetal van 1,3 miljoen stemme vir ‘n nuweling in die daaropvolgende verkiesing getrek. Selfs die EFF, wat in 2014 op ‘n soortgelyke wyse tot stand gekom het, […]

Nuuskommentaar: 3 Junie 2024 Deur: Jaco Kleynhans Mexiko het Sondag sy eerste vrouepresident verkies. Claudia Sheinbaum van die linkse Morena-party word president van een van die belangrikste ontwikkelende ekonomieë, wat natuurlik ook ’n belangrike buurland van die Verenigde State is in ’n tydperk waar die verhouding tussen ontwikkelde lande en ontwikkelende lande deur die globale […]

Nuuskommentaar: 27 Mei 2024 Deur: Jaco Kleynhans Die toekoms van Europa is ʼn sentrale tema in vanjaar se verkiesingsveldtog vir die Europese Unie. In al 27 EU-lidlande sal meer as 400 miljoen kiesers volgende week die geleentheid kry om meer as 700 lede vir die Europese parlement te verkies. Dit is egter nie net gebeure […]


Current track

Title

Artist