Luister nou

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Deur Redaksie

Die VF Plus het ’n inisiatief van stapel gestuur om ervare, afgetrede en dienende kundige tegnici en ingenieurs bymekaar te bring om hul kundigheid aan te bied vir ’n tegniese adviespaneel om die kragkrisis in die Tshwane-metro die hoof te bied. Dit volg nadat ’n ontploffing by die Waltloo-substasie groot dele van die stad vir bykans twee dae lank sonder krag gelaat het.

Volgens Willie Spies, burgemeesterskandidaat vir die VF Plus in die Tshwane-metro, sal hierdie paneel die nuwe regering wat ná 4 November die bewind in Tshwane oorneem, bystaan om ’n bekostigbare instandhoudings- en ʼn omkeerplan in werking te stel.

Hy reken dat die brand by die Waltloo-substasie, die skade aan die Njala-invoerstasie en die Tshwane-metro se besluit om lasvermindering toe te pas, is nie ’n toevallige tegniese voorval nie. Dit is die voorspelbare gevolg van jare se verwaarlosing, ’n tekort aan vakmanne en ’n bestuur wat waarskuwings ignoreer totdat die ligte uitgaan.

Spies sê Njala is ’n kernpunt vir die stad se grootmaatkrag, en wanneer transformator-kapasiteit daar verlore gaan, moet die metro elektrisiteit tussen wyke rantsoeneer om oorlading te voorkom.

“Dit is nie beplanning nie – dit is krisisbestuur. Die instel van lasvermindering en geteikende beurtkrag bevestig dat die hoofstad se kragnetwerk nie meer stabiel is nie.”

Gedurende Mei vanjaar het die VF Plus ’n waarskuwing gerig dat die elektrisiteitsnetwerk stelselmatig ineenstort.

Volgens Spies bedryf die metro 55 substasies van 132 kV, maar het destyds slegs 26 gekwalifiseerde tegnici gehad wat op die hoëspanningsnetwerk mag werk – minder as een per twee substasies. Die voltooiingskoers vir kragfoute het tot 37% gedaal, met meer as 12 000 versoeke wat langer as 90 dae agterstallig was. ’n Amptelike verslag van 1 Junie 2026 het self gewaarsku dat die netwerk ’n hoë risiko loop vir wydverspreide onderbrekings en swartkolle indien ’n primêre transformator faal. Daardie waarskuwing het nou werklikheid geword.

Spies sê die paneel se opdrag sal onder meer wees om ’n onafhanklike, deursigtige oudit van die hoëspanningsnetwerk te doen,         ’n prioriteitslys van herstelwerk en kapasiteitsherstel saam te stel wat binne die metro se middele uitvoerbaar is, en praktiese voorstelle te maak vir die aanstelling en ontplooiing van gekwalifiseerde vakmanne eerder as onnodige bestuurslae.

Verder sal die paneel ook veilige terugvoer en lasvermindering beplan totdat permanente herstel bewerkstellig is en saam met gemeenskappe en die private sektor sonkrag en mikronetwerke ondersoek waar die metro se netwerk nie vinnig genoeg herstel kan word nie.

“Die paneel sal op meriete saamgestel word en sal gereed moet wees om dadelik met werk te begin sodat ’n omkeerplan ná die verkiesing in werking gestel kan word.”

Belangstellendes met toepaslike hoëspanningservaring kan hul besonderhede en ’n kort samevatting van hul kundigheid stuur na [email protected].

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-86-02-Okt-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Luister nou