Die Tshwane-metro hoop om teen vanaand krag te herstel aan alle inwoners wat deur Dinsdag se ontploffing by die Watloo-substasie geraak is.
Die ontploffing het ’n groot deel van die elektrisiteitsnetwerk geraak en minstens 11 substasies beïnvloed, wat groot dele van Pretoria sonder krag gelaat het.
Teen vanoggend was nagenoeg 30% van die geraakte klante steeds sonder krag.
Die Tshwane-metro sê herstelwerk sal deur die dag voortgaan, met die doel om almal teen vanaand weer aan die netwerk te koppel.
Die presiese oorsaak van die ontploffing word steeds ondersoek.