Die Tshwane-metro skop môre sy Oktober-vervoermaand by Wonderboom Nasionale Lughawe met ’n spesiale Vlug vir Bejaardes af.
Meer as 500 senior burgers sal die geleentheid bywoon, met baie wat vir die eerste keer die kans kry om te vlieg.
Die program sluit lugvaartvertonings, blootstellingsvlugte en ’n spesiale huldeblyk aan militêre veterane in.
Die geleentheid val saam met Wonderboom-lughawe se 90ste bestaansjaar en die verrigtinge vind van 7-uur die oggend plaas.