Nuus

Page: 7

Nuuskommentaar: 17 November 2023 Deur: Charné Mostert In die afgelope paar jaar was Suid-Afrikaners getuies van ’n ontluikende verskynsel –  transito rooftogte – ’n nuwe vertakking van georganiseerde misdaad. Hierdie gedurfde aanvalle op gepantserde voertuie wat kontant vervoer, het toenemend plaasgevind en wys op ’n brutale verontagsaming van wet en orde. Wêreldwye georganiseerde misdaad is […]

17 November 2023 Die burgerregteorganisasie, AfriForum sê in reaksie op die misdaadstatistiek is ‘n voorspelbare norm in Suid-Afrika, en skok nie meer nie.  Die organisasie meen wat wel skok, is die feit dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se topleierskap geen werkbare oplossings kan bied vir die 75 moorde en 75 pogings tot moord wat tans elke […]

17 November 2023 Moord het vir die tweede agtereenvolgende kwartaal in Suid-Afrika afgeneem.  Die minister van polisie, Bheki Cele het vroeër vandag die misdaadstatistiek vir die tydperk van 1 Julie tot 30 September 2023 bekend gemaak. Hy sê al toon moord ‘n afname van 0,8%, moet dit steeds nie gevier word nie omdat een moord, […]

Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos jake@klankkoerant.co.za

17 November 2023 Die departement van basiese onderwys het berigte ontken dat sekere matriekvraestelle uitgelek het. Die departement sê in ‘n verklaring fopnuus word op sosiale media versprei, en veroorsaak paniek en verwarring. Die woordvoerder, Elijah Mhlanga sê verder dat die minister Angie Mothsekga geen aankondiging gemaak het dat sekere vraestelle herskryf moet word nie. […]

17 November 2023 Die liggaam van ‘n man is gistermiddag (16 November) uit die see by Voëlklip – naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap – gehaal nadat hy gister by dié berugte uitkykpunt oor ‘n afgrond gery het. LEES OOK: NÓG ‘N MOTOR RY BY VOËLKLIP AF ‘n Soek-en-reddingsoperasie is gisteroggend vroeg van stapel gestuur nadat […]

16 November 2023 ‘n Aanlyn platform, wat dit vir ‘n verbruiker maklik maak om wagwoorde te bestuur, NordPass het ‘n studie gedoen oor wat die wêreld se 200 algemeenste wagwoorde in 2023 was. Van die top 20 gewildste wagwoorde ter wêreld sal 17 van hulle in minder as ‘n sekond gekraak word. Hierdie studie is […]

16 November 2023 Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane het die uitslae van ‘n ondersoek bekend gemaak nadat ‘n graad 6-leerling aan die Khehlekile Laerskool in Tokoza in Oktober glo sy eie lewe geneem het.  Aanvanklik is berig dat Sibusiso Mbatha sy eie lewe geneem het weens herhaaldelike afknouery by sy skool. Die […]

16 November 2023 Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa moes sy rol verdedig tydens sy heel eerste amptelike verslagdoening in die parlement. Daar is onder meer vir Ramokgopa gevra, wanneer hy beurtkrag gaan stopsit en wie nou eintlik die baas oor Eskom, tussen hom en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan is. Volgens Ramokgopa het die presidensie – […]

16 November 2023 Die moordsyfer in Suid-Afrika het sy hoogste punt in 20 jaar bereik, terwyl die polisie sukkel om die probleem suksesvol te takel. ‘n Verslag wat vandeesweek deur die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) bekendgestel is, het ‘n donker prentjie geskets, wat ‘n bestendige styging in die moordsyfer oor die afgelope 10 jaar tot […]


Current track

Title

Artist