Die rand het gister met meer as een persent teenoor die dollar versterk te midde van vroeë aanduidings dat die DA goed in die munisipale verkiesing gevaar het.
Beleggers beskou die uitslae volgens ETM Analytics as ’n moontlike aanduiding van meer sakevriendelike koalisies in groot ekonomiese sentrums.
Die rand is ook ondersteun deur die Demokratiese Party se oorwinning in die Amerikaanse middeltermynverkiesing.
Suid-Afrika se 2035-staatseffekte het eweneens sterker verhandel.
Intussen toon die aandelemark dat geld na Suid-Afrika terugvloei, met die JSE se hoofindeks wat dié week met 6,7% gestyg het.