Nuus
Page: 6
21 November 2023 ‘n Amerikaanse vrou was uiters teleurgesteld toe sy $200 of sowat R3 680 betaal het vir ‘n drie-laag feetjiekoek vir haar kleindogter, Eve se eerste verjaarsdagpartytjie, wat glád nie soos die verwysingsfoto gelyk het nie. Khrissy Joe het haar misnoeë in ‘n TikTok-video laat hoor wat reeds meer as 5-miljoen keer gekyk […]
21 November 2023 Die Suid-Afrikaanse Lugdiens gaan sy bedrywighede na Lilongwe en Blantyre in Malawi teen die einde van die maand opskort. Die lugredery sê daar is op dié stap besluit as deel van die proses om sy risiko te bestuur. Die SAL se hoof uitvoerende beampte, professor John Lamola, sê die stap moet nie […]
21 November 2023 Suid-Afrika se derde grootste selfoonoperateur, Telkom het begin met onderhandelinge om sy toringonderneming, Swiftnet te verkoop. Volgens berigte is planne om dié maatskappy te verkoop reeds ‘n geruime tyd in die pyplyn. Swiftnet besit nagenoeg 6 200 kommunikasietorings in Suid-Afrika. Telkom het vroeër vandag op Sens aangekondig dat hy in eksklusiewe onderhandelinge […]
21 November 2023 Die VF Plus sê hy sal die Gautengse regering se plan, om oor vier maande alle kinderpleegsorgsake self oor te neem, teenstaan. Die party het dit in reaksie gesê op ‘n berig in die afgelope Sondag se Rapport waarin berig word dat kinderbeskermingsorganisasies nie meer vanaf 1 April 2024 finansiële hulp van […]
21 November 2023 Die ma van die vermoorde Reeva Steenkamp, June, sal nié die paroolverrigtinge van die paralimpiese atleet Oscar Pistorius bywoon nie. Die paroolverhoor vind op Vrydag, 24 November by die Atteridgeville-gevangenis buite Pretoria plaas. Steenkamp se regsverteenwoordiger Tania Koen het egter gesê dat June se slagoffer-impakverslag voorgelees sal word, en dat sy nie die […]
Nuuskommentaar: 20 November 2023 Deur: Bennie van Zyl Die afgelope week was daar redelik polemiek ervaar in die media oor die vereistes gestel in regulasies oor die uitvoer van sekere verwerkte produkte na die EU sowel as die Verenigde Koningkryk waar sekere voordele ingebou is. ‘n Baie duidelike skeiding tussen organisasies het plaasgevind waar […]
Vir meer inligting besoek hulle webwerf: https://www.mnilifestyle.co.za
17 November 2023 Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA sê ondanks die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se pogings om meer belastigbetalings in te vorder, is mense steeds ontevrede omdat dit voorkom asof ‘n groot deel van belasting gebruik word om korrupsie te pleeg. OUTA het ‘n studie gedoen nadat hulle onderhoude gevoer het met besigheidseienaars wat wel belasting betaal. […]
Nuuskommentaar: 17 November 2023 Deur: Charné Mostert In die afgelope paar jaar was Suid-Afrikaners getuies van ’n ontluikende verskynsel – transito rooftogte – ’n nuwe vertakking van georganiseerde misdaad. Hierdie gedurfde aanvalle op gepantserde voertuie wat kontant vervoer, het toenemend plaasgevind en wys op ’n brutale verontagsaming van wet en orde. Wêreldwye georganiseerde misdaad is […]
17 November 2023 Die burgerregteorganisasie, AfriForum sê in reaksie op die misdaadstatistiek is ‘n voorspelbare norm in Suid-Afrika, en skok nie meer nie. Die organisasie meen wat wel skok, is die feit dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se topleierskap geen werkbare oplossings kan bied vir die 75 moorde en 75 pogings tot moord wat tans elke […]