Nuus

Page: 2

12 Junie 2024 ‘n Durbanse skipper is dood en ’n duiker word vermis nadat hul boot by Umgababa se hoofstrand tussen Scottburgh en Amanzimtoti aan die KwaZulu-Natalse suidkus omgeslaan het. ‘n Woordvoerder van die NSRI, Craig Lambinon, sê soek-en-reddingspanne is ontplooi nadat branderplankryers alarm gemaak het nadat ‘n vyf-en-‘n-half-meter opblaasboot – wat gebruik word vir […]

Nuuskommentaar: 11 Junie 2024 Deur: Jaco Kleynhans Terwyl die president van die Europese Kommissie, die Duitser Ursula von der Leyen, Sondagaand ’n oorwinning vir die sentrumregse groepering van Europese partye in die Europese Parlement aangekondig het, was die ware oorwinnaars van dié verkiesing eerder twee ander vroue, naamlik Marine Le Pen, leier van die regse […]

11 Junie 2024 ‘n Bejaarde egpaar is in hulle plaashuis net buite Tzaneen in die Limpopo-provinsie deur twee rowers oorval. Die egpaar Dawid Grobbelaar (84) en sy vrou Liesbet (79) het die afgelope naweek net gaan aansit vir aandete toe hulle oorval is. Die egpaar is met ’n stuk yster geslaan en van onder meer vuurwapens, […]

11 Junie 2024 President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat hy Solidariteit se hofaansoek teen die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan teen staan. Solidariteit se adjunkbestuurshoof van regsake, advokaat Anton van der Bijl sê hul het ‘n soortgelyke kennisgewing van die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla ontvang. Hy meen Ramaphosa het sy hand met […]

Die Singapoer Lugdiens gaan $10 000 of sowat R187 000 in skadevergoeding betaal aan diegene wat ligte beserings opgedoen het nadat een van die vlugte verlede maan ernstige turbulensie getref het.  ‘n 73-jarige Amerikaanse passasier is dood toe hy glo ‘n hartaanval gekry het. Die vliegtuig was op pad van Londen na Singapoer. Oor Mianmar […]

11 Junie 2024 Die MK-party het ‘n dringende aansoek by die Grondwethof ingedien om die eerste sitting van die parlement hierdie komende Vrydag te keer. Die party het die hof gevra om sy hofaansoek voor Vrydag aan te hoor. Die MK Party sê in sy hofstukke dat die sitting nie kan voortgaan as hy nie […]

11 Junie 2024 Die MK-party sê hy het ‘n skrywe aan die Nasionale Vergadering gerig waarin gevra word om nie Jabulani Khumalo as ’n parlementslid in te huldig nie. Die party sê Khumalo is uit die organisasie geskors en het geen toestemming om hom in die parlement te verteenwoordig nie. Khumalo se naam verskyn egter […]

Pretoria FM bied weer soos verlede jaar ‘n bloedskenkgeleentheid saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens aan ter bewusmaking van Internasionale Bloedskenkerdag op 14 Junie. In 2023 kon ons 125 eenhede bloed in samel, máár met ekstra personeel van die SANBD en bykomende toerusting wil ons die getal verdubbel. Vanjaar betrek ons twee laerskole, AfriForum en […]

6 Junie 2024 President Cyril Ramaphosa het kort tevore aangedui dat die ANC ten gunste is van ‘n regering van nasionale eenheid. Dit kom nadat landsburgers in spanning gewag het vir die ANC se besluite oor die pad vorentoe ná die pasafgelope verkiesing. Die aanvanklike voorspelling was dat die DA en die ANC ‘n koalisie […]

6 Junie 2024 Suid-Afrika het weer die sesde plek gehaal in Big 7 Travel se lys van die 20 beste lande om te besoek vir jou wittebrood. Big 7 Travel is ‘n gewilde aanlyn profiel waarop inligting en beeldmateriaal van toeristebestemmings geplaas word. Van die meer gewilde toeristebestemmings is gewoonlik eilande, met wit strande en […]


Current track

Title

Artist