Die Johannesburg-metro hou vandag sy eerste raadsvergadering ná die plaaslike regeringsverkiesing, waartydens 270 nuwe raadslede ingehuldig sal word.
Die verkiesing van die burgemeester en speaker sal waarskynlik tot later vandeesweek uitgestel word weens voortgesette koalisiegesprekke.
ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê die inhuldiging van raadslede kan die grootste deel van die dag en aand in beslag neem.
Die drie Gautengse metro’s sal na verwagting onder koalisieregerings bestuur word.
Johannesburg en die Tshwane-metro kan deur ActionSA gelei word, terwyl die ANC na verwagting die leiding in Ekurhuleni sal neem.