Luister nou

Waarnemende minister van polisie maak misdaadstatistiek bekend

Deur Marelize Maré

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê Suid-Afrika toon vordering in die stryd teen geweldsmisdaad, maar die vlakke van moord, verkragting en ander ernstige misdade bly onaanvaarbaar hoog.
Cachalia, en die nasionale polisiehoof, generaal Fannie Masemola, het die misdaadstatistieke vir Julie tot September bekend gemaak.
Motor- en vragmotorkapings het ook onderskeidelik met 16,8 en 27,9 persent afgeneem.
Daar was egter steeds 9 908 verkragtingsake, waarvan byna die helfte van die slagoffers kinders onder 18 was.
Meer as 5 400 mense is in die vorige kwartaal vermoor.
Cachalia sê vuurwapens bly ’n groot probleem en is in 2 552 moorde gebruik.
Hy het ook die verband tussen alkoholmisbruik en geweld uitgelig.
Meer as 8 200 alkoholverwante geweldsmisdrywe is gedurende die kwartaal aangeteken.
Cachalia sê alhoewel misdaad afneem, is bendegeweld steeds kommerwekkend in gebiede waar daar sosio-ekonomiese uitdagings is.
Hy sê die polisie sal sy pogings teen bendes, onwettige vuurwapens en georganiseerde misdaad verskerp.
Hy beklemtoon egter dat misdaadbekamping nie net ’n polisie-aangeleentheid is nie en gekoördineerde optrede deur gemeenskappe, munisipaliteite en ander staatsinstellings vereis.

Gewilde Nuus

Geordin

Hill-Lewis wéér Kaapse burgemeester

Fotokrediet: CNN

Alaska-dorp maak gereed vir 65 dae sonder sonlig

Fotokrediet; Arrive Alive

Valke vind nog ‘n dwelmvervaardigingslaboratorium

Paspoort

480 banktakke verwerk nou paspoorte

Firoz Cachalia

Cachalia in Desember voor die Madlanga-kommissie

Ander Nuus Artikels

Corné Mulder
Laaste week om koalisies te vorm
Chestnut Trees in Blossom
Van Gogh-skildery vir $190 mil. verkoop
Geordin
Hill-Lewis wéér Kaapse burgemeester
Fotokrediet: CNN
Alaska-dorp maak gereed vir 65 dae sonder sonlig
Fotokrediet; Arrive Alive
Valke vind nog ‘n dwelmvervaardigingslaboratorium

Luister nou