Minstens 15 mense is dood nadat Russiese lugaanvalle verskeie dele van Oekraïne getref het.
Reddingswerkers soek steeds na oorlewendes onder die puin van ’n gedeeltelik ineengestorte woonstelgebou in Dymer, sowat 45 kilometer noord van Kiëf.
Minstens 11 mense is in die aanval op die gebou dood, terwyl nog sterftes in ander aanvalle aangemeld is.
’n Supermarkaanval het drie mense se lewens geëis en 15 ander beseer, onder wie drie kinders.
Russiese aanvalle het ook ’n elektriese-substasie getref.
Die aanvalle volg nadat president Wladimir Poetin gedreig het met ’n feller vergelding vir Oekraïense aanvalle op die Krim-brug.