Nuus

Page: 10

8 September 2021 Die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) sê die land sal moet wag op die parlement se hersieningsproses, en die uitslag van die president se deskundige paneel, voordat die SVA se insette oor die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie – bekend gemaak sal word. Die SVA sê die DA het ‘n versoek tot die […]

Wat maak die Suid-Afrikaanse boer as een van die bestes in die wêreldGesels met TLU SA se jongboer van die jaarEn gesels oor die landbousektor se BBP-syfer

8 September 2021 Pasiënte moes inderhaas uit die hospitaal op Christiana in Noordwes ontruim word nadat ‘n brand ‘n kort ruk gelede daar uitgebreek het. Die LUR vir gesondheid, Madoda Sambatha het ook die hospitaal reeds besoek om hom van die skade te vergewis. ‘n Woordvoerder van die gesondheidsdepartement sê die hele hospitaal word hierdeur […]

8 September 2021 Altesaam 12 700 kiste onwettige drank met ‘n straatwaarde van nagenoeg R15-miljoenis by ‘n pakhuis in Mpumalanga gekonfiskeer. Die gesamentlike operasie deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die polisie volg op ‘n jaar-lange ondersoek deur die SAID – nadat hulle die spoor van aksyns-vrye drank nagevolg het. Beslag is ook op toerusting […]

8 September 2021 Die departement van korrektiewe dienste sê hy het ‘n rekening van R398 271 ontvang vir oud-president Jacob Zuma se mediese sorg in ‘n private hospitaal. Volgens die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo kan die departement moontlik dié rekening betaal weens Zuma se status as ‘n voormalige president. Hy meen omdat Zuma steeds […]

8 September 2021 Die ANC se adjunk sekretaris-generaal Jessie Duarte sê oud-president Jacob Zuma se mediese parool kan nie met die van Schabir Shaik verglyk word nie. Duarte sê hoewel dit dalk verkeerd was om mediese parool toe te staan aan Shaik, glo sy dat Zuma werklik siek is, en dat mediese parool dus geregverdig […]

8 September 2021 Die polisie in Limpopo het met ‘n ondersoek begin nadat die liggame van drie kinders gister buite Groblersdal gevind is waar dit op die Mohlabetse rivier gedryf het. Die polisiewoordvoerder, brigadier Motlafela Mojapelo sê die kinders is geïdentifiseer as die sibbe Nonjabulo Ngomane (9), Themba Ngomane (8) en hulle 15-jarige vriend, Katlego […]

Heinrich Marnitz deel daagliks nuus op Internasionale vlak…

7 September 2021 ‘n 25-jarig gevangene is in die Oos-Londense Landdroshof doodgeskiet.   Dié man was in die hof, waar hy tereg staan op aanklagte dat hy in 2018 uit die tronk probeer ontsnap het. Die polisiewoordvoerder, brigadier Tembinkosi Kinana sê die man was onder kruisverhoor toe hy glo skielik met ‘n mes in sy hand uit […]

7 September 2021 Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) sê hulle sal die regering se planne – om fooie vir plekbesprekings te hef – teenstaan. Dit kom nadat die departement van vervoer verlede week ‘n voorstel in die Staatskoerant gepubliseer het, waarin hy voorstel dat motoriste ‘n R250 fooi moet betaal om ‘n aanlyn plek te […]


Current track

Title

Artist