fbpx

Nuuskommentaar

Page: 6

Nuuskommentaar: 6 Augustus Mag die Wes-Kaapse Bloeddiens mildelik vrugte gepluk kry, of genoeg bloed getap kry, weens sy besluit om steeds Afrikaans te gebruik. Dit volg na ‘n herrie losgebars het nadat die Suid-Afrikaanse bloeddiens wat die diens aan die ander 8 provinsies lewer,  laat weet het sy vorms wat skenkers moet invul elke keer […]

Nuuskommentaar: 2 Augustus Van 8 tot 10 Augustus vanjaar sal na verwagting meer as 15 000 mense aan Sakeliga Kragdag 2019 deelneem. Dié selfstandigheidsekspo is ‘n wonderlike suksesverhaal, wat na ‘n dekade se groei nou honderde uitstallers het, duisende besoekers van jonk tot oud, en hierdie jaar vir die eerste maal ook ‘n landbou-afdeling. Dit […]

Nuuskommentaar: 1 Augustus Groot gewag is gemaak van die voormalige president Jacob Zuma se getuienis (of gebrek daaraan) voor die Zondo Kommissie na Staatskaping. Dit was egter sy getuienis oor die ANC se Ontplooiingskomitee wat sommige se nekhare laat regop staan het. Hy het op Woensdag 17 Julie 2019 voor die Zondo-kommissie onder andere gesê […]

Nuuskommentaar: 31 Julie Die Verenigde Nasies se Ekonomiese en Maatskaplike Raad het verlede week ‘n mosie aanvaar waarvolgens Israel veroordeel word vir die beweerde ondermyning van vroueregte in Palestynse gebiede wat onder die beheer van Israel is. Slegs die VSA en Kanada het teen die mosie gestem terwyl nege lande insluitende Duitsland en die Verenigde […]

Nuuskommentaar: 30 Julie ’n Onlangse peiling toon dat 61 persent van alle volwasse Amerikaners meen dat skoolkinders elke oggend die eed van getrouheid, of te wel Pledge of  Allegiance, moet aflê. Boonop voel hulle dat dit die bewoording “under God” moet insluit. In 2008 was 77 persent volwassenes nog die mening toegedaan. Hoe sterk die […]

Nuuskommentaar: 29 Julie Afrikaanse skole is sinoniem met tradisie, dissipline, uitstekende akademie en sportprestasie. Daar is ’n leerkultuur teenwoordig en ’n strewe na uitnemendheid.  Onderwysers by hierdie instansies is roepingsgedrewe en hardwerkend met die doel om nie net kennis en kultuur oor te dra nie maar om kinders tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Hul […]

Nuuskommentaar: 26 Julie Dis tyd dat Suid Afrika onder sakeredding geplaas word. Daar is bykans geen staatsdepartement, staatsmaatskappy of regeringsinstelling wat nie in omstredenheid gedompel is nie. Wanbestuur, korrupsie en bedrog vier hoogty, en die oplossings wat voorgestel word, verander nie veel aan die benarde situasie nie. Suid Afrikaners het hierdie week weer gehoor dat […]

Nuuskommentaar – 25 Julie Die regering is nou skynbaar vasbeslote om die Nasionale Gesondheidsorgstelsel, buig of bars, te implementeer. Nie almal is oortuig dat dit prakties haalbaar is nie, veral nie in die huidige ekonomiese klimaat nie, en nog minder met die leegsuigeffek van staatskaping wat nog nie behoorlik nek omgedraai is nie. Die voorstanders […]

Nuuskommentaar: 24 Julie Die afgelope week het die Grondwethof ‘n groot uitspraak teen die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane gelewer waar sy misluk het om verlof tot appél te verkry om ‘n persoonlike bestrawwende kostebevel teen haar te appélleer. Die uitspraak is een van vele groot omstredenhede sedert Mkhwebane die amp van Openbare Beskermer betree het […]

Nuuskommentaar: 23 Julie Twee belangrike gebeure verlede maand het tot ‘n hernieude debat oor buitelandse beleid in die Verenigde State van Amerika aanleiding gegee. President Donald Trump se spontane besluit om die eerste Amerikaanse president te word om Noord-Korea te besoek en sy besluit om tien minute voordat ‘n aanval op teikens in Iran sou […]


Current track

Title

Artist