Die vakbond, Solidariteit voer vandag samesprekings by die Withuis en die Amerikaanse departement van buitelandse sake om Suid-Afrika se deelname aan Agoa te probeer beskerm.
Die hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, Jaco Kleynhans sê uitsluiting kan ondernemings se mededingendheid en werksgeleenthede bedreig.
Volgens Solidariteit ondersteun Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA meer as ’n halfmiljoen plaaslike werksgeleenthede.
Die organisasie doen ’n beroep op president Cyril Ramaphosa om dringend saam te werk om handelsvoordele te beskerm en die diplomatieke dooiepunt te beëindig.