fbpx

Nuuskommentaar2

Nuuskommentaar: 4 Desember ’n Afvaardiging van AfriForum het onlangs die twaalfde sitting van die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland bygewoon. Die tema van vanjaar se byeenkoms was: “Onderwys, taal en die menseregte van minderhede”. Alana Bailey, Afriforum se hoof van kultuursake, het haar kommer by die byeenkoms uitgespreek oor die feit dat […]

Nuuskommentaar: 3 Desember Afgelope Sondag reik die kantoor van meneer Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, ‘n verklaring uit waarin hulle die publiek versoek om “met vertroue” vlugkaartjies by die Suid-Afrikaanse Lugdiens te koop. Daarin verbind die departement hom, nogmaals, tot “ingrypende inisiatiewe vir groter markaandeel” en om “seker te maak die SAL bly oop […]

Nuuskommentaar: 2 Desember Die afgelope dekade is nuus uit Europa eers gedomineer deur ‘n finansiële krisis, toe ‘n immigrasie-krisis en nou met ‘n klaarblyklike klimaatskrisis. Tussendeur dit alles het die vraagstukke van voortdurende terreurbedreigings, groterwordende minderheidsgroepe wat integrasiebeleid onwerkbaar begin maak het en veranderende verhoudinge met Rusland, die VSA en Turkye gereeld tot beleidsonsekerheid aanleiding […]

Nuuskommentaar: 26 November Op 12 Desember sal Britse kiesers in 650 kiesafdelings in Engeland, Wallis, Skotland en Noord-Ierland na die stembus gaan om te bepaal watter party vir die volgende paar jaar die Verenigde Koninkryk sal regeer. Die veldtog in aanloop tot die verkiesing word gekenmerk deur politieke uiterstes, wantroue in kandidate, oordrewe en onuitvoerbare […]

Nuuskommentaar: 25 November Daar is al baie in die media uitgewy oor die presiese omvang van die uitdaging wat voorlê vir Andre de Ruyter – en dit is kwalik moontlik om dit te oorskat. President Ramaphosa het egter vroeër vandeesweek sy stem dik gemaak: De Ruyter se aanstelling is die eerste stap na stabiliteit. Mens […]

Nuuskommentaar: 22 November Word Afrika se bevolkingsgetalle onder die vergrootglas geplaas, moet die hand vol depressiepille maar byderhand gehou word. Na verwagting gaan Afrika se bevolking teen 2050 verdubbel. Dit beteken nog 1,2 miljard mense by die huidige 1,3 miljard. Die leiers in Afrika is deeglik bewus van die probleme wat dit oplewer. Vanjaar is […]

Nuuskommentaar: 21 November More maak Standard & Poor sy vooruitsigte vir Suid-Afrika bekend.   Die sake-nuusagentskap, Bloomberg het 22 ekonome gepols oor hulle verwagtinge rondom ‘n moontlike verdere afgradering. 16 van die 22 ekonome verwag dat Standard & Poor inderdaad sy vooruitsigte op die land se kredietgradering na negatief sal verander. ‘n Negatiewe vooruitskouing lei […]

Nuuskommentaar: 20 November 2019 In die afgelope week het Suid-Afrikaners verneem dat André de Ruyter aangestel is as die nuwe HUB  van die sukkelende kragreus Eskom.  De Ruyter was suksesvol by SASOL, minder suksesvol by NAMPAK, maar het sonder enige twyfel ervaring, sowel as die kwalifikasie wat nodig is om te doen wat gedoen moet […]

Nuuskommentaar: 19 November Die besluit verlede week om brandstofpryse met 50 persentasiepunte te verhoog, het tot betogings in verskeie dorpe en stede in Iran aanleiding gegee. Die Iranse ekonomie is onder groot druk sedert die VSA uit die kernooreenkoms met Iran onttrek en weer streng sanksies teen dié land ingestel het. Die Trump-regering is verheug […]

Nuuskommentaar: 18 November Die Okavango-delta in Botswana was onlangs onregstreeks in die nuus, nadat navorsers die Wieg van die moderne Mensdom na die Makgadikgadi-panne, wat in oorvloedjare met die delta verbind is, met genetika teruggespoor het. Destyds was die Makgadikgadi deel van ’n reuse meer van sowat 30 meter diep, wat metteryd begin opdroog het […]


Current track

Title

Artist