Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Die storie van ou-dominee Sarel

Deur: Willie Spies

Ek het so twee weke gelede weer my halfjaarlikse kuier by my eertyds aktesekretaresse, Lietie Basson, ingepas.

Lietie is in 1947 in Standerton gebore. Sy was op 26 Mei 1948 skaars nege maande oud toe die Nasionale Party se Wennie du Plessis die Standerton-kiesafdeling van generaal Jan Smuts van die Verenigde Party verower het. Lietie is nog steeds kwaad vir Wennie du Plessis.

Mens hoor dit aan die manier waarop sy die naam “Wennie” sê. Want Wennie du Plessis het generaal Jan Smuts se politieke loopbaan ’n knou toegedien met sy  oorwinning in Standerton namens die Nasionale Party as deel van ’n algemene verkiesing van 1948 toe die Verenigde Party se bewind beëindig is.

My kuiers by Lietie begin altyd met ’n kort gesprek oor die ou politiek van die Sappe en die Nattes, dan gesels ons oor vandag se politiek van Julius, Cyril, Helen en die res en dan die stories van my firma waar ek en Lietie vir jare saamgewerk het.

Dan gesels ons altyd oor sport. Lietie ken die besonderhede van elke krieket- en rugbyspeler van elke span denkbaar. Die aand toe ek daar kuier, was dit juis die eindstryd van die 2025- Indiese Premierliga (IPL) tussen die Royal Challengers Bengaluru van Virat Kohli teen die Punjab Kings.

Lietie vertel my van die jare lange vriendskap van AB de Villiers en Virat Kohli en hulle onoorwinbare krag wanneer die twee twee saam vir die Royal Challengers gespeel het en reuse vennootskappe vir hulle span opgebou het, terwyl sy vir ons ’n Bell’s inskink en biltong aandra.

Ons hou die krieket dop en ons kom by die volgende deel van ons gesprek uit – die familie.

Ek vra hoe dit met Lietie se ma, tannie Tokkie, gaan.

Tannie Tokkie het Desember 102 jaar oud geword. Sy was in 1940, byna 19 jaar oud, pas getroud en die ma van Lietie se oudste broer toe haar man  aangemeld het om as soldaat van die Unie-Verdedigingsmag aan die Tweede Wêreldoorlog in Noord-Afrika te gaan deelneem.  Hy was ’n plaasboer en tannie Tokkie is destyds alleen as ’n jong ma van ’n babaseuntjie op die plaas agtergelaat om na die boerdery om te sien terwyl haar man moes gaan oorlog maak.

Die afwesigheid sou uiteindelik vyf jaar duur, want toe die Geallieerdes in Noord-Afrika vasval teen die Duitse aanvoerder Rommel, is Lietie se pa saam met meer as 10 000 geallieerde troepe by Tobroek krygsgevange geneem en sou hulle die res van die oorlog as krygsgevangenes in Italië deurbring.

Tannie Tokkie is geseën met ’n baie lang lewe, en as jy haar vra waaraan sy dit toeskryf, sal sy noem dat sy haar ouers geëer het sy het haar skoonouers versorg tot met hulle dood.

Lietie vertel vir my verder van dominee Sarel wat 95 is en in dieselfde versorgingsoord as tannie Tokkie woon, terwyl sy die tweede glasie Bell’s inskink.

Sy vertel dat dominee Sarel gereeld by tannie Tokkie kom kuier het na sy vrou oorlede is en ek wil nog stuitig raak oor die ou-dominee wat by tannie Tokkie kom kuier, toe Lietie my briek.

Ek kan sien Lietie wil nie nou grappies maak nie.

“Dominee Sarel het gereeld vir ons kom bid, en as hy gebid het, het hy met die Here gepraat op ’n manier dat dit jou hart raak”, vertel sy.

Ek luister, en kyk met my een oog hoe die Punjab Kings al dieper in die moeilikheid beland en die PSL-titel al verder buite hul bereik kruip.

“Maar Willie, jy sal nie glo wat verlede week gebeur het nie! Toe die verpleegsters een aand vir dominee Sarel wil gereed kry om te gaan slaap, sê hy uit die bloute vir hulle, hulle moet vir hom skoon beddegoed oortrek. Hy sê hy wil nie sy slaapklere aantrek nie maar hy wil netjiese klere aantrek, want die Here gaan hom vanaand kom haal.”

So het die versorgers by die versorgingseenheid vir dominee Sarel skoon beddegoed oorgetrek en hom gehelp om netjies aan te trek.

Die volgende oggend toe die versorgers die mense gaan wakker maak om reg te maak vir ontbyt, het dominee Sarel op sy skoon oorgetrekte bed gelê waar hy daardie nag stil oorlede is.

Lietie gaan haal vir my die begrafnisbrief in haar kombuis waarop staan “In liefdevolle herinnering, ds. Sarel Norval, 3 Maart 1930 – 22 Mei 2025”.

Ons kyk die res van die aand hoe Virat Kohli se span feesvier oor die kampioenskapsoorwinning en die vreugde van AB wat spesiaal Indië toe gereis het om sy ou span te ondersteun, maar in my agterkop draai die versie: “Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken”.

Ek dink dominee Sarel het nou reeds van aangesig tot aangesig  gesien … en ten volle geken.

Dit weet ek uit die mooi verhaal wat Lietie my daardie aand vertel het.

Willie Spies is ’n prokureur by Hurter Spies ingelyf en uitvoerende voorsitter van Pretoria FM.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende