Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

Deur Zel-Marí Gelderblom & Lambert de Klerk

In die noordooste van Suid-Afrika, waar die Krokodilrivier die suidelike grens van die Nasionale Krugerwildtuin vorm, woed daar al langer as ’n dekade ’n stryd oor grond, nalatenskap en regswaardes. Wat as stille prospektering deur onbekende mynmaatskappye begin het, het teen 2025 ontaard in een van die land se mees omstrede omgewingskonflikte.

Die publiek het egter eers in 2018 breedvoerig kennis geneem van dié gevaar, toe Manzolwandle Investments, ’n obskure maatskappy van Emalahleni, ’n gewaagde voorstel ingedien het om steenkool te ontgin op sowat 18 000 hektaar grond teenaan die Krugerwildtuin.

Die teenreaksie was onmiddellik en heftig. Omgewingsbewustes, toerisme-operateurs, plaaslike boere en inwoners het saamgestaan teen die plan. AfriForum en die Marloth Park-belastingbetalersvereniging het ’n belangrike rol gespeel in regsaksies en openbare teenstand. Hul besware, gegrond op omgewingswetgewing en administratiewe geregtigheid, het gefokus op gebrekkige konsultasie en foutiewe omgewingsimpakstudies.

Teen 2022 het dieselfde projek weer kop uitgesteek hierdie keer as Tenbosch Mining, met nuwe omgewingskonsultante, Kimopax en ’n aansoek vir mynbouregte op ’n kleiner gebied van 6 500 hektaar.

In September 2023 het Oscar Mthimkhulu, hoof van die Nasionale Krugerwildtuin, aan Kimopax geskryf en hul omgewingsimpakstudie gekap. SANParke het boonop glo eers deur derde partye van die mynplan gehoor en nie deur amptelike kanale nie. Kimopax het op hul beurt aangevoer dat hulle wel met SANParke gekonsulteer het, maar die amptenare wat hulle genoem het, was lank reeds nie meer in diens van SANParke nie.

AfriForum het die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, dr. Dion George, in Mei vanjaar formeel genader met ’n versoek vir ’n openbare verklaring, ’n ondersoek na die gebrekkige omgewingsimpakstudie en ’n ontmoeting om dié krisis te bespreek. Tot op hede is geen formele reaksie ontvang nie – slegs ’n erkenning van ontvangs.

Regsgewys gaan die saak lankal nie meer net oor steenkool nie. Dit gaan oor administratiewe geregtigheid en openbare verantwoordbaarheid. Benewens die regskwessies is daar ’n veel dieper omgewingsdimensie, en al word daar nie binne die wildtuin gemyn nie, wys navorsing dat mynbou naby bewaringsgebiede dikwels tot onder meer waterbesoedeling en ’n verlies aan biodiversiteit kan lei.

Die Olifantsrivier, wat deur die Kruger vloei, is reeds swaar besoedel vanweë mynbou wat stroomop beoefen word. Nog ’n myn naby die Krokodilrivier kan die hele streek se ekologiese en landboustabiliteit bedreig.

Teen die begin van 2025 was Tenbosch se finale omgewingsimpakstudie steeds op hersiening. Sedert planne vir mynbou aan die suidelike grens van die wildtuin jare gelede gevorm is, het die myn sy naam verander, sy omvang verklein en nuwe konsultante ingehuur. Maar die kern bly dieselfde – daar word beplan om steenkool te ontgin op die drumpel van ’n nasionale natuurskat.

Na afloop van die indiening van die aansoek in Februarie 2025 het dit in Mei aan die lig gekom dat ’n nuwe omgewingsimpakstudie, gedateer Maart 2025, die rondtes doen. Dit laat uiteraard baie meer vrae as antwoorde.

Te midde van prosedurele onreëlmatighede, wetenskaplike vaaghede en wat baie as doelbewuste weglating beskou, hou die Nasionale Krugerwildtuin se verdedigers – van SANParke en ekoloë tot burgerlike organisasies soos AfriForum – steeds moed. Hul wapens? Die Grondwet, omgewingsreg en openbare insae.

Die kernvraag bly egter steeds dieselfde: Sal Suid-Afrika steenkool kies – of bewaring?

 

One Response

  1. Ongelukkig gaan die hele ekosisteem en toerisme vernietig word indien enige mynbou hier voortgesit word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende