Nuusberigte

Page: 9

16 Oktober 2024 Die Gautengse onderwysdepartement het bevestig dat een leerling steeds in die hospitaal is nadat 47 skoliere vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het nadat hulle sjokolade geëet het. Volgens die departement het die skoliere – wat almal verbonde is aan die Rapelego Laerskool in Hammanskraal – sjokolade geëet waarvan die vervaldatum reeds verstryk het. Aanvanklike ondersoeke dui […]

16 Oktober 2024 Die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane het uit die EFF bedank. In haar bedankingsbrief aan die leier van dié party, Julius Malema – waarvan sy ‘n afskrif op “X” geplaas het – skryf sy dat sy op dié stap besluit het nadat sy met haar familie beraadslaag het. Sy sê hulle het haar aangeraai om terug […]

16 Oktober 2024 Die Universiteit van Pretoria sê hy sal ondersoek instel na klagtes van rassisme oor ‘n lesing wat die leier van die EFF, Julius Malema, by sy Hatfield-kampus gelewer het. Dit kom nadat die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sy ontevredenheid uitgespreek het omdat die omstrede lied, “Kill the Boer” tydens dié lesing […]

15 Oktober 2024 Die VF Plus eis antwoorde oor bewerings dat die Vrystaatse premier, MaQueen Leshoa Mathae, omkoopgeld van ʼn kontrakteur ontvang het. ‘n VF Plus lid in die Vrystaatse wetgewer, Armand Cloete sê die bewerings teen die premier bevestig die party se standpunt dat die “Vrystaat deur ’n konstruksiekartel geplunder word.” Cloete sê boodskappe, […]

15 Oktober 2024 Die departement van korrektiewe dienste se agterstand met paroolaansoeke vir gevangenes wat lewenslange gevangenisstraf uitdien, is uitgewis. Dit is vanoggend in ’n verklaring van dié departement bevestig. Dit volg nadat die minister van korrektiewe dienste, dr Pieter Groenewald, homself daartoe verbind het om die agterstand teen vandag uit te wis. Die aansoeke is […]

15 Oktober 2024 Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie het die uitgawe van meer as R800 000 – om hom na die Olimpiese Spele in Frankryk te stuur – verdedig en sê dit was nie ‘n plesiertog nie. McKenzie het onder kritiek – van onder andere ActionSA se Michael Beaumont – deurgeloop, wat hom daarvan […]

15 Oktober 2024 Twee voormalige Clover-werknemers, Mohale Shokane en Vusumuzi Duumba is in die Johannesburgse Hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op die veiligheidswagte, Terence Tegg en JJ Cassanga. AfriForum sê sy privaatvervolgingseenheid – wat Tegg se verloofde, Michele Bebbington, en die Cassanga-familie verteenwoordig – het nou saam met die polisie en die aanklaer gewerk om bewyse te versamel, die dossier op te […]

15 Oktober 2024 President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars na die Grondwethof verwys om die grondwetlikheid daarvan te toets. Ramaphosa het in ‘n skrywe aan die land se hoogste hof sy voorbehoud oor bepalings in die wetgewing – wat oorspronklik deur die parlement opgestel en heroorweeg […]

15 Oktober 2024 Die DA sê die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi beskerm steeds korrupte amptenare en politici deur nie verslae oor forensiese ondersoeke beskikbaar te maak nie. Die DA het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou waarin hulle, hulle kommer hieroor duidelik maak. Die leier van die DA in Gauteng, Solly Msimanga sê sy party vra […]

15 Oktober 2923 Die geskil tussen die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en die Gautengse voorsitter, Panyaza Lesufi, is gisteraand op die spits gedryf toe ‘n stille betoging buite Luthuli-huis in Johannesburg gehou is. Tydens die ANC se viering van die eerste honderd dae van die Regering van Nasionale Eenheid het Mbalula gevra dat die volkslied gesing moet word. ‘n Aantal bywoners […]


Current track

Title

Artist