Luister nou

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Deur Esmarie Yssel

Die Nasionale Raad van DBV’s het ingegryp ná kommer oor die deelname van vier perde aan ’n kompetisie, bemark as Bikes VS Horses, in Pretoria-Oos.

DBV-inspekteurs het die geleentheid op 12 September saam met die Tshwane-DBV en die polisie se honde-eenheid bygewoon. Sowat 35 perde het aan sogenaamde tydtoetse of uitdagings teen motorfietse deelgeneem.

Volgens die DBV was daar geen afskorting wat die diere van die motorfietse geskei het nie.

Die organisasie sê vier perde is verhoed om deel te neem, nadat inspekteurs gevind het dat hulle in ‘n swak fisieke toestand was. Daar was ook geen veearts teenwoordig om te evalueer of die perde geskik was om deel te neem nie.

Die NDBV het gesê hul span is met teenstand begroet en moes uiteindelik die inspeksie kragtens ’n lasbrief uitvoer.

Die inspekteurs het verskeie kommerwekkende faktore bespeur, onder meer die oormatige gebruik van leisels, perde wat teenstand teen die stang gebied het en perde wat hul monde oopgemaak het – wat volgens die NDBV op pyn en/of ongemak dui.

’n Direkteur van Ban Animal Trading SA wat op die dag teenwoordig was, Irma Wouters, het gesê die woord “desensitering” is verskeie kere gebruik om die toeskouers te paai, terwyl tekens van spanning en ongemak duidelik by die perde sigbaar was.

“Moenie toelaat dat ’n gerusstellende woord jou aandag aftrek van dít wat jy met jou eie oë aanskou nie. Glo jou oë. Glo jou hart. As dit nie oukei lyk nie, is dit nie oukei nie.”

“Wanneer ’n geleentheid genoeg kommer wek vir die NDBV om die gebeure die hele dag te monitor, moet dit die vraag laat ontstaan of dit selfs aan die minimum standaarde vir dierewelstand voldoen,” het Wouters gesê.

Gewilde Nuus

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Ander Nuus Artikels

Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Luister nou