Luister nou

Kritiek pla Roets nie

Deur Redaksie

’n Rooi kruis op sy voorkop; dreigemente van klagtes van hoogverraad; die uitlating dat as Adriaan Vlok en Eugene Terre’Blanche gehang het, dr. Ernst Roets nie nou in Washington sou wees om wit kruise te plant nie. Dit is van die uitlatings wat die afgelope week oor die uitvoerende direkteur van Lex Libertas gemaak is. Roets, wie se organisasie later vandag saam met die New York Young Republican Club 3 000 wit kruise in Washington, DC sal oprig ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle, het die afgelope onder kritiek uit linkse geledere deurgeloop.

Roets het vanuit Washington aan Nuusweek gesê dat hy die kritiek verwag het, maar dat hy dit steeds as onsensitief en minagtend beskou.

“Ons het ’n geldige saak. Ons wil hê die moorde moet stop. Dit is eintlik skreiend dat daar mense is wat hoor dat ons sê die moorde moet stop, maar dat hulle kwater is vir mense wat teen plaasmoorde staan as wat hulle vir die plaasmoordenaars is.”

Roets sê egter dat Lex Libertas hulle nie veel aan die kritiek steur nie. Ook nie aan die dreigemente dat hy van hoogverraad aangekla behoort te word nie.

“Hoogverraad vind plaas as jy op ’n onwettige of onregmatige wyse die regering probeer omverwerp. Buitelandse steunwerwing is nie onwettig nie. Bewusmaking is nie onwettig nie. Om navorsing te publiseer, is nie onwettig nie. Om jou storie te vertel, is nie onwettig nie. Alles wat ons doen, is wettig.”

Gewilde Nuus

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Ander Nuus Artikels

National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie
horses vs bikes 4
NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging
Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Luister nou