Luister nou

Hoeveel mikroplastiek is in jou tee?

Deur Pretoria FM Nuusspan

Teedrinkers wat bekommerd is oor mikroplastiek in voedsel, begin vrae vra oor wat presies in teesakkies is en hoekom dit nie altyd op verpakking aangedui word nie.

Volgens ’n verbruikersondersoek is sommige gewone teesakkies nie net van papier gemaak nie, maar bevat klein hoeveelhede plastiekkomponente om die sakkies te seël en te versterk.

Teevervaardigers sê dié materiale word as deel van die verpakking beskou, en daarom hoef dit nie as bestanddele op die etiket verskyn nie.

’n Vervaardiger het aan die nuusdiens, EWN, verduidelik dat die hoeveelhede plastiek minimaal is en aan internasionale voedselveiligheidstandaarde voldoen, met instansies soos die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Amerikaanse FDA wat dit as veilig beskou.

Hoewel alternatiewe, plantgebaseerde teesakkies al hoe meer beskikbaar raak, sê verbruikerskenners daar is geen rede tot paniek of om noodwendig oor te skakel na los tee nie, aangesien die huidige produkte as veilig beskou word.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou